Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Doen jy moeite om goedhartig, vriendelik, geduldig, saggeaard, ens. te wees? Indien nie, moet jy dit dalk vandag en vir die res van jou lewe probeer.
•••
Waarvan hou jou huweliksmaat? Koffie? Tee? Melktert? Pannekoek? Kuier? Bordspeletjies? Neem kennis van hierdie dinge en doen 'n bietjie ekstra moeite. Maak 'n koppie koffie vir jou huweliksmaat. Gaan stap saam. Kies iets om te doen wat wys dat jy omgee en dat julle verhouding nie op jou gemak gebaseer is nie, maar eerder daarop om te dien. Vriendelikheid is nie altyd gerieflik nie, maar dit is altyd die moeite werd ... veral in die huwelik. Hou hande vas wanneer julle stap. Soen jou huweliksmaat wanneer jy tuis kom en wanneer jy vertrek, en sommer baie tussenin. Gee 'n lang drukkie. Gee 'n massering. Wees net daar.
Hoe kan jy vandag moeite doen om goedhartig te wees?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More