Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te MaakVoorbeeld

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

DAG 5 VAN 6

Hoe Om Genot Te Staak

Die rede hoekom ons so dikwels ons emosies ignoreer, is omdat ons in 'n kultuur van oorvloed lewe wat sê dat ons dit nie nodig het nie.

Voel jy hartseer? Daar is 'n toep daarvoor.

Voel jy verveeld? Daar is 'n vertoning daarvoor.

Voel jy eensaam? Daar is 'n nagereg daarvoor.

Ons wend ons na soveel dinge om ons te help om beter te voel en ons spanning te verlig. Hierdie dinge laat 'n groot dosis positiewe ensieme in ons brein vry wat ons help om gelukkig te voel, maar ook net vir 'n oomblik. Sielkundiges noem hierdie dopamien-produserende gevoelens "genot".

Die feit is: navorsing het bevind dat, as ons gedurig ons spanning met genot probeer oplos, ons nooit sal uitvind hoe om ons spanning te hanteer nie. Hierdie onvermoë om ons spanning in die gesig te staar, versterk net die faktore wat ons spanning veroorsaak.

Na watter plesiere reik jy wanneer jy gespanne voel?

Die Bybel is duidelik dat die najaag van genot ons net seermaak. 

Kyk maar net na die verhaal van die verlore seun in Lukas 15. Die seun het al die genot nagejaag wat hy kon, totdat hy in 'n vreeslike hongersnood met niks agtergelaat is nie.

Of dink aan Esau wat vir die genot van kos sy geboortereg aan Jakob verkoop het (Genesis 25:33). 

Dit is nou nie te sê dat God nie wil hê ons moet ooit goed voel nie. Daar was 'n rede hoekom ons geskep is om so na dopamiene te smag.

God wil hê ons moet gelukkig wees, maar nie ten koste daarvan om Hom te ken en alles wat Hy vir ons bied nie. God wil hê ons moet groei deur moeilike dinge en die geluk van ewigdurende vreugde in Hom ervaar.

Psalm 27:14 vertel ons om op God te wag, sterk te wees en moed te hou. Voordat ons deur genot probeer om van ons pyn te ontsnap, moet ons die moed hê om op die Here te wag. 

Ons moet wag, oefen om stil te raak en onsself nie toelaat om ons spanning uit ons eie krag te probeer oplos nie. Deur dit te doen, sal ons nie net ons vertroue op God vermeerder nie, maar ook ons vermoë om ware vreugde te ervaar (nie valse vreugde nie). 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

More

Baie dankie aan Neal Samudre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nealsamudre.com/overstress/