Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te MaakVoorbeeld

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

DAG 4 VAN 6

As Jy Negatiewe Emosies Toelaat

Almal het die instinktiewe reaksie om pyn te ontvlug. Dit is goed vir ons. Dit is die rede hoekom ons so lank oorleef het.

Hierdie reaksie kan ons ook seermaak. As ons aanhou om pyn of negatiewe emosies te ontvlug, sal ons nooit weet hoe om daardeur te groei nie. 

In die Bybel sien ons dat die dissipels en ander hoofkarakters deur hulle negatiewe emosies groei om uiteindelik aan die anderkant by vreugde uit te kom.

Een van die grootste struikelblokke om vreugde te ervaar, is ons onvermoë om negatiewe emosies te hanteer. 

Ons probeer dit ontsnap, ignoreer en uitdoof, maar hierdie aksies verhoog net die krag van ons spanning.

Ons moet eerder ons negatiewe emosies toelaat en nie bang wees om dit in die gesig te staar nie.

Hoe kan ons die vermoë om ons negatiewe emosies te hanteer, verbeter?

Ons moet vashou aan die waarheid dat vreugde anderkant die hantering van negatiewe emosies vir ons wag. Hierdie begrip bou die moed om moeilike emosies te hanteer. 

In Johannes 16:20 vertel Jesus die dissipels dat hulle sal huil en treur, maar dat hulle droefheid in blydskap sal verander. Hy sê nie dat hulle hartseer sal hê wat hulle moet ignoreer nie. Hy sê dat hulle so bedroef sal wees, dat hulle eintlik sal huil. Met ander woorde, Jesus sê hulle sal die volle effek van die negatiewe emosie voel.

Aan die anderkant van daardie emosie, is daar vreugde. Hulle diepe droefheid sal in vreugde verander.

Die Bybel leer ons nie om weg te hardloop van ons emosies nie. Dit leer ons om dit in die gesig te staar en die vreugde aan die anderkant te vind. As ons dit nie in die gesig staar nie, sal ons nooit vreugde kry nie.

Dink na oor Psalm 30:6 waar dit praat van vreugde wat in die oggend kom. Ons sal in die aand huil, maar vreugde kom na trane.

Of dink na oor al die emosies wat die mense in die boek Nehemia ervaar het (woede, hartseer, vrees, ens.), voor Nehemia hulle vertel het dat die vreugde van die Here hulle krag is ( Nehemia 8:10).

Of dink na oor die emosies wat Dawid in Psalm 22 gehad het, net voor die gewilde Psalm 23.

Die Bybel is duidelik: ons is nie gemaak om weg te hardloop van pyn nie, maar om dit in die gesig te staar, lank genoeg, sodat ons die vreugde van God aan die anderkant kan vind.

Dink vandag na oor watter negatiewe emosies jy bang is om in die gesig te staar. In plaas daarvan om daarvan weg te hardloop, laat jouself toe om dit te voel. Bid dat God se vreugde jou aan die anderkant sal ontmoet. Hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jou vermoë om moeilike dinge in die gesig te staar, verbeter en dus maak jy jou vir meer vreugde oop.

Dit is waar dat vreugde in die oggend kom. Maar, dit is nie sonder om die hartseer van die nag in die gesig te staar nie. Dra hierdie waarheid vandag met jou saam en weet dat jy moeilike dinge in die gesig kan staar. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

More

Baie dankie aan Neal Samudre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nealsamudre.com/overstress/