Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te MaakVoorbeeld

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

DAG 2 VAN 6

Die Daaglikse Keuse vir Vreugde

'n Studie wat deur Shawn Achor en Adrianna Huffington gedoen is, het bevind dat om soggens vir slegs drie minute na slegte nuus te luister, jou 27% meer geneig maak om ses tot agt ure later te sê dat jy 'n slegte dag gehad het.

As hierdie studie enigiets bewys, is dit dat dit vandag baie maklik is om spanning in ons samelewing te ondervind.

As ons deesdae kies om niks te doen om spanning teë te werk nie, maak ons eintlik 'n keuse om gespanne te wees. 

Omdat daar vandag so baie dinge is wat ons gespanne maak, moet ons vreugde 'n dissipline maak. 

Om "vreugde" en "dissipline" in dieselfde sin te gebruik, maak met die eerste oogopslag nie sin nie. Een woord klink helder en gelukkig, en die ander een klink neerdrukkend. Hoe pas die twee dan bymekaar?

Een ding wat ek in my studie van vreugde geleer het, is dat vreugde nie iets is wat ons vanselfsprekend het nie. Dit moet gekweek word (daarom is dissipline nodig). 

In Johannes 15:11, waar Jesus met sy dissipels praat, maak Hy die onderskeid. Hy sê: "my vreugde" (blydskap) en "jou vreugde". Hy wil hê dat sy vreugde in sy dissipels moet wees, en Hy wil hê sy dissipels se vreugde moet volkome wees.

Wat beteken dit? Dit beteken ons vreugde is anders as die vreugde van Jesus. Jesus het volkome vreugde, en Hy wil hê ons vreugde moet volkome wees soos Syne. 

Baie gelowiges neem aan dat hulle vanselfsprekend volkome vreugde het sodra hulle Christene word. Wanneer daar egter iets slegs gebeur, dan staar hulle 'n merkbare teenstrydigheid in die gesig.

Was hulle nie veronderstel om vreugde in hulle beproewinge te hê nie? Wat ontbreek?

In Johannes sien ons dat Jesus gedurig vir sy dissipels sê om volkome vreugde te hê soos Hy (Johannes 16:24). Ons lees selfs dat Jesus tot God bid dat sy vreugde in die dissipels vervul sal word (Johannes 17:13). 

Vreugde is nie vanselfsprekend nie. Dit is 'n dissipline, 'n daaglikse besluit wat ons moet neem. 

Dit is belangrik om te verstaan, juis omdat spanning deesdae so geredelik beskikbaar is. As Christene, moet ons strewe na die volheid van vreugde wat Jesus wil hê ons ook moet hê.

Vreugde is onvolledig sonder Jesus. Terwyl jy vandag spanning in die gesig staar, bid dat God jou vatbaarheid vir vreugde in 'n wêreld van spanning sal verhoog. Môre sal ek jou dan wys hoe jy prakties kan streef na die vreugde van Jesus te midde van jou daaglikse spanning.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

More

Baie dankie aan Neal Samudre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nealsamudre.com/overstress/