JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 40 VAN 43

Lees: Josua 23:7-12

SOAP: Josua 23:8

Vir verdere nalees: Josua 23:1-5; 13-16

In die laaste hoofstukke van Josua sien ons ’n leier wat bekommerd is oor sy mense en hulle verhouding met God. God het ’n verbond gesluit met Israel op die berg Sinai. Moses het dit bekragtig by Moab. Toe Josua en die volk Israel die Jordaanrivier oorgesteek het, het hulle die verbond weer bevestig by Ebalberg en Gerisimberg. 

Die Israeliete was in Kanaän. Hulle het die land besit wat God aan hulle gegee het, maar daar was steeds vyande wat hulle moes verslaan. Josua het geweet dat hul probleem nie ’n militêre konfrontasie was nie. Hy het geweet dat daar ’n groter stryd in hulle harte sou woed, omdat hulle te midde van ’n heidense volk sou woon. Die grootste risiko was dat Israel God sou verlaat en soos die heidennasies sou leef, wat uiteindelik ook gebeur het!

Hulle moes sterk staan om God se Woord te bewaar, sy gebooie te onderhou en ’n goddelike lewe te lei. Klink dit bekend? Is dit nie vandag nog een van ons grootste worstelinge nie? Josua en die volk van Israel het groot oorwinnings behaal in Kanaän, want na die episode met Akan in Jerigo, het hulle getrou gebly aan God en hulle was gehoorsaam aan elke woord wat van Hom gekom het.

Ons het alles wat ons nodig het om in oorwinning te wandel! Al wat ons moet doen, is presies wat Josua gedoen het – wees met God, gehoorsaam sy gebooie, mediteer in sy Woord en bewaar dit in ons harte. 

Liewe Vader, help my asseblief om getrou te bly aan U. Ek wil U liefhê en behaag met my lewe. Ek wil gehoorsaam wees aan U en u leiding volg. Help my asseblief om daagliks u Woord te lees en dit in my hart te bewaar.

In Jesus se naam.

Amen. 

  

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com