JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 39 VAN 43

Lees: Josua 22:1-6; Matteus 22:36-38; Johannes 14:15

SOAP: Johannes 14:15

Vir verdere nalees: Josua 22:7-34

Die oorwinning oor Kanaän is behaal. Vir meer as sewe jaar lank het Israel dapper geveg. Josua het die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam – die stamme wat besluit het om aan die anderkant van die Jordaanrivier te bly, herenig. Hy deel hulle mee dat hulle kan teruggaan na hulle families, maar dat hulle ’n verantwoordelikheid het wat hulle moet nakom. 

Josua, as leier, was bekommerd oor hulle geestelike lewe. Hy het vir hulle gesê dat God sy deel gedoen het. Hy het vir hulle die land gegee wat Hy aan hulle voorvaders belowe het. Nou het hulle ’n geestelike verantwoordelikheid om God lief te hê en sy gebooie te onderhou. 

Jesus maak in Johannes 14:15 melding van hierdie verwantskap tussen om Hom lief te hê en sy Woord te gehoorsaam – “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” Dit is deur ons liefde en gehoorsaamheid dat ander kan sien wie ons dien. Ons gehoorsaam God, omdat ons Hom liefhet. Ons dien God, omdat ons Hom liefhet. Ons dien ander, omdat ons God liefhet. Liefde is die handelsmerk van God se kinders. Gehoorsaamheid is liefde in aksie. 

O Heer, hier is my hart. Ek het U lief. Help my asseblief om my liefde sigbaar te maak deur  my gehoorsaamheid en my diensbaarheid aan ander.

In Jesus se naam.

Amen.

  

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com