JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 28 VAN 43

Lees: Josua 13:1-8; Jesaja 66:3-4

SOAP: Jesaja 66:3-4

Vir verdere nalees: Josua 12; 13:9-33  

Noudat Josua baie stede verower het, moes hy die land tussen die stamme verdeel, sodat elkeen hul erfenis kon opeis en geniet wat God hulle gegee het.

Die stam van Ruben, Gad, en die halwe Manassestam het ‘n verkeerde keuse gemaak wat hul toekoms sou beïnvloed. Hulle het besluit om nie in die land te bly wat God hulle beloof het nie, maar oorkant die Jordaan, aan die oostekant.

Hoekom was dit ‘n slegte keuse? Eerstens, en die belangrikste, hulle was buite die wil van God. En daar is geen plek gevaarliker as dit nie. Hulle posisie tussen die land en die vyande van God, soos Moab, het hulle kwesbaar gemaak vir aanvalle. En hulle was ook blootgestel aan ‘n goddelose invloed. 

Hulle het besluit om op die grens te bly, en het alles van ver af aanskou. Wanneer ons Christene word, moet ons ons plek kies. Hierdie stamme was nie bereid om die prys te betaal en om in die spervuur te wees van wat God gaan doen nie, en dit het hulle van die erfenis wat God beloof het weggehou.

Hemelse Vader, help my om goeie keuses te maak. Ek wil dié dinge kies wat U vir my in gedagte het, alles wat U beplan vir my lewe. Ek wil die naaste plek aan U kies.

In Jesus se naam.

Amen.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com