JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 27 VAN 43

Lees: Josua 11:3-10; 2 Konings 6:16-17

SOAP: 2 Konings 6:16

Vir verdere nalees: Josua 11:1-2; 11-23

Soos Josua en die Israeliete aangehou het om die land te verower, het hulle roem gegroei. Al die konings was bevrees vir hulle nadat hulle gehoor het hoe die Israeliete geveg na geveg gewen het. Hulle het soos ‘n onstuitbare krag gelyk.

In hoofstuk 11 sien ons ‘n groot reünie van konings en weermagte wat saam kragte gesnoer het om die Israeliete te oorwin. Vers 4 sê dat hulle ‘n groot menigte was. Hulle was so baie dat hulle gelyk het soos die sand van die see. Hulle was intimiderend! Weer het die Here met Josua gepraat – “Moenie vir hulle bang wees nie. Môre dié tyd gee Ek hulle oor aan Israel.” Maak nie saak hoe sterk of talryk ‘n weermag is nie, die oorwinnnig is ons s’n wanneer God saam met ons veg.

Die verse in 2 Konings vertel die verhaal van Elisa se slaaf. Hy was bang vir die weermag voor hom – nie net as gevolg van die groot aantal perde en strydwaens wat hy gesien het nie – maar as gevolg van die hemelse leër aan die agterkant, wat gereed was om vir hom te veg, die leër wat hy nie kon sien nie.

Somtyds is ons oë vasgenael teen die vyand in plaas daarvan om te fokus op God. Elisa was in staat om die onsigbare geestelike beskerming van God te sien en hy het gebid dat God sy dienskneg se oë sou open, sodat hy ook daardie beskerming kon sien. God het nie die situasie verander nie. Die vyand was nogsteeds by die deur – maar Hy het hulle perspektief verander. Josua se weermag was kleiner, maar sterker in krag, omdat die God van die heelal hulle beskerm het.

Here, maak my oë oop. Maak my oë oop vir u goddelike beskerming, sodat ek die hulp wat van U af kom, kan sien. 

In Jesus se naam.

Amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com