JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 26 VAN 43

Lees: Josua 10:38-43; Jeremia 1:19

SOAP: Jeremia 1:19

Vir verdere nalees: Josua 10:22-37

Hoofstuk 10 van Josua eindig met Israel wat al die konings wat teen die Gibeoniete was verslaan en hulle hele land verower. Dink ‘n bietjie hieroor, toe hierdie konings besluit het om teen die Gibeoniete te veg, is hulle eintlik deur God gebruik om die oorwinning van Kanaän te bespoedig. In plaas daarvan om hierdie stede een vir een te oorwin, het Josua al hierdie konings op een slag gevang en almal se land gelyk verower.

Dit het gebeur omdat God vir Israel gestry het. Die Here van die leërskare, Yahweh Sebaoth, het hulle oorwinning verseker.

Ons kom te staan teen 'n vyand in 'n regte, vurige stryd. Jou vyand het niks anders as jou vernietiging in gedagte nie. Ons krag spruit uit die waarheid dat God groter is as enigiets wat ons in die gesig staar en Hy veg vir ons. Die Here veg namens jou. Hy beskerm jou, bemagtig jou en help jou om die stryd te oorwin.

Jeremia 1:19 leer ons dat ons vyande sal hê om te verslaan, maar daardie vyande sal nie stand hou teen ons nie. Ons staar vyande soos ontmoediging, gebrek aan hulpbronne, siekte, huweliksprobleme, werkskwessies ... noem dit maar, in die gesig. Maar God sal ons red van enigiets wat ons in die gesig staar. Dalk doen Hy dit op 'n manier wat ons nie verwag nie of in 'n tyd wat ons ongemaklik vind, maar Hy is reg langs ons in die geveg.

Here, ek prys U omdat U vir my veg en U bevry my van die vyande wat my probeer afbreek. Ek dank U dat U altyd aan my sy is.

In Jesus se naam.

Amen. 

  

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com