JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 21 VAN 43

Lees: Josua 9:1-6; 14-15; Psalm 33:10-11

SOAP: Psalm 33:10-11

Vir verdere nalees: Josua 9:7-13  

Die oorwinnings oor Jerigo en Ai het die konings van Kanaän bekommerd gehad. Hierdie Israeliete het die land verower en was nie oppad terug na die ander kant van die Jordaan nie. Hulle het in Kanaän aangekom om te bly, vasbeslote om die hele land te oorwin en hulle het 'n magtige God aan hulle kant gehad. Wat kon hulle doen?

'n Groep mans uit Gibeon het besluit om 'n plan te maak om Josua te mislei. Die Gibeoniete het baie naby aan die kamp van Israel gewoon en hulle het geweet dat hulle vernietig gaan word. Hulle het met Josua en die ander leiers ontmoet en 'n storie opgemaak dat hulle van 'n verre land af kom. Ten einde hul storie meer oortuigend te laat klink, het hulle hul donkies met gelapte sakke gelaai, geflenterde klere gedra en droë krummels as voedsel gehad. Hierdie baie slim manne het hulleself as dienaars voorgestel wat 'n verbond met Israel wou sluit, maar hulle was in der waarheid die vyand wat vermom is.

Vers 14 sê die manne van Israel het 'n verbond gesluit met die Gibeoniete, maar hulle het God nie geraadpleeg nie. Soos ons môre sal sien, het hulle 'n fout gemaak. Dit gebeur ook soms met ons. Ons vergeet dat Satan baie lief is daarvoor om homself te vermom om ons te mislei. Ons vergeet dat hy die Skrif teen Jesus gebruik het, dat hy 'n bedrieër en 'n leuenaar is. Kom ons maak nie dieselfde fout as wat Josua en sy leiers gemaak het nie en soek eerder die raad van God voordat ons besluite neem. Sy raad staan vir ewig!

Hemelse Vader, vergewe my asseblief vir al die besluite wat ek geneem het sonder om U te raadpleeg. Ek kan 'n paar slegte besluite sien wat ek geneem het en die pyn wat dit veroorsaak het. Lei my in elke stap.

In Jesus se naam.

Amen. 

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com