JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 11 VAN 43

Lees: Josua 5:2-9; Genesis 17:9-10; Psalm 105:8-11

SOAP: Psalm 105:8

Vir verdere nalees: Josua 5:1; 10-15  

God het ‘n verbond met Israel gesluit wat Hy met geen ander volk aangegaan het nie. Soos blyk uit Genesis 17:9-10, was die besnydenis die teken van daardie spesiale verbond. Dit was die teken dat hulle aan God behoort, dat hulle spesiaal en uitverkore was. 

Gedurende die 38 jaar in die woestyn is die Jode nie besny nie. Behalwe Josua en Kaleb, was al die mans wat besny was, dood en al hulle kinders, die nuwe geslag, het nie die ritueel ondergaan nie. Daarom het God sy verbond met hierdie nuwe geslag hernu en beveel dat hulle besny moes word. 

Besef julle wat dit vir die Israelitiese mans beteken het? Dit het hulle vyande die kans gebied om hulle aan te val terwyl hulle op hulle weerbaarste was. In hulle weerloosheid het God weereens aan hulle bewys dat dit Hy was wat die land én die oorwinning vir hulle gegee het. 

Ons wil nie swak voel nie. Ons hou daarvan om alles te beheer. Die waarheid is egter dat dit in ons swakheid is dat God sy werk kan doen. Ons swakhede maak ons sterker, omdat dit vir God ruimte gee om ons lewens oor te neem. 

O Here, ek moet erken ek hou nie daarvan om swak te voel nie. Maar ek vra U om my swakheid en kwesbaarheid tot U verheerliking te gebruik. Help my om te onthou dat ek my krag in U kan vind.

In Jesus se naam.

Amen. 

  

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com