JosuaVoorbeeld

Josua

DAG 14 VAN 43

Lees: Josua 7:1; 11-14; Romeine 6:23

SOAP: Josua 7:11, Romeine 6:23

Vir verdere nalees: Josua 7:2-10  

Die opdrag om Jerigo te verwoes, mag dalk vir ons drasties klink, maar dit is wat die Iraeliete beveel was om te doen. Sommige van die mans het egter nie daarby gehou nie. Akan het van die goed uit Jerigo gevat en dit het God kwaad gemaak vir die mense van Israel (7:1).

Dit het ongemerk verbygegaan, totdat hulle teen Ai moes veg en toe ‘n nederlaag gely het en moes vlug. Verse 7-9 wys vir ons Josua se menslikheid. Hy het pas ervaar hoe die Jordaan oopgemaak het, sodat hulle veilig kon deurgaan. Hy het gesien hoe Jerigo se mure wonderbaarlik inmekaargestort het. Maar noudat hulle verslaan is, is die eerste ding wat hy doen, om God te bevraagteken. Waarom het U ons hierheen gebring? Om ons uit te wis? 

Dis mos gewoonlik ons eerste reaksie, nie waar nie? As dinge nie verloop soos ons wil hê nie, dan blameer ons vir God. Vers 11 verstrek egter die rede waarom Israel verslaan is – sonde. Israel het gesondig deur die verbond te verbreek toe hulle goed uit Jerigo verwyder het. 

Ons moet besef dat ons sonde gevolge het. Wanneer ons besluit om dinge op ons manier te doen en teen God sondig, kan ons seker wees dat Hy ons sal vergewe as ons berou het, maar ons moet onthou dat ons met die gevolge moet saamlewe. 

O Vader, maak my asseblief bewus van my foute en oortredings. Ek wil ‘n regverdigde lewe lei. Wanneer ek sondig, help my om te besef dat die gevolge van my sonde my eie verantwoordelikheid is en dat ek, in plaas daarvan om U te blameer, na U toe sal draai om die regte ding te doen.

In Jesus se naam.

Amen. 

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Josua

Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com