JosuaVoorbeeld
Lees: Josua 8:1-10; 1 Samuel 15:22
SOAP: 1 Samuel 15:22
Vir verdere nalees: Josua 8:11-17
God bied aan Josua 'n tweede geleentheid om Ai te oorwin. Die eerste aanslag was onsuksesvol weens Akan se optrede in Jerigo. Na die hantering van Akan en sy sonde het Israel vorentoe beweeg.
Nou gee God aan Josua ‘n ander bevel. Hulle moet na Ai gaan en dit verpletter. Hierdie keer kon hulle egter die stad plunder soos hulle wou (as Akan tog net 'n bietjie langer gewag het!). En God verwag dat hulle dinge sal doen net soos Hy vir hulle gesê het.
God sê dit. Jy doen dit. Dit hoef nie so ingewikkeld te wees nie, reg? Ons weet dat God ons liefhet. Ons weet dat Hy alles vir ons ten goede laat meewerk (Romeine 8:28). Ons weet dat Hy planne het ten goede, en nie ten kwade nie (Jeremia 29:11). En tog sukkel ons met sy wil vir ons lewens.
Ons neem deel aan die onderlinge byeenkomste, ons maak tyd vir oordenkings, die dinge wat ander kan sien. Maar ons vergeet van ons harte. Ons vergeet dat wat God verlang, is dat ons na Hom sal luister en sy opdragte uitvoer. Ons kan ander mislei en voorgee dat ons gehoorsame kinders van God is, maar ons kan God nie mislei nie.
Liewe vriendin, daar is vryheid in gehoorsaamheid. Ons hou nie daarvan om beheer oor ons lewens op te gee nie, ek weet dit. Maar dink vir 'n oomblik hieroor na - jy het dit in elk geval nie! Dit is nie jy wat beheer oor jou lewe het nie, maar God. Sukkel jy om God te gehoorsaam? Gee oor. Gee op. Dis nie die moeite werd nie. Vertrou sy wil vir jou en gehoorsaam Hom met jou hele hart.
Hemelse Vader, ek gee vandag my hart oor aan U. Herinner my dat daar vryheid in gehoorsaamheid is. Ek wil nie in stryd wees met u wil vir my nie, want ek weet dit is perfek. Ek wil in gehoorsaamheid en oorgawe aan u wil leef.
In Jesus se naam.
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com