JosuaVoorbeeld
Josua 4:19-24; 1 Konings 8:41-43
SOAP: Josua 4:23-24
Vir verdere nalees: Josua 4:15-18
Gister het ons gesien hoe belangrik dit vir die mense van Israel was om ‘n klipgedenkteken op te rig, sodat toekomstige geslagte kon onthou hoe God hulle gehelp en groot wonders verrig het. Vandag sien ons nog ‘n rede vir die gedenkteken – om die volke van die aarde te laat besef hoe groot en almagtig God is.
Ek hou van 1 Konings 8:41 se relaas van hoe Israel se roem vreemdelinge van ver lande af soontoe laat kom het. Vreemdelinge soos Ragab en Rut het van God se magtige werke gehoor en wou by sy volk aansluit.
Matteus 24:14 sê: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” Al die profete het van die Messias, sy eerste koms en sy wederkoms as Koning oor Jerusalem gepraat. Ons weet dat Jesus meer as twee duisend jaar gelede gekom het. Nou wag ons op sy wederkoms. Maar dit sal nie gebeur alvorens die hele wêreld van Hom en die verlossing wat Hy bied, gehoor het nie.
Die Groot Opdrag is nie net vir diegene wat na die sendingveld geroep is nie. Dis vir elke Christen. Sendelinge in die veld het die gebed en finansiële ondersteuning van medegelowiges nodig. Dis hoe ons, die kerk, elke uithoek van die wêreld sal bereik en alle volke van Jesus sal vertel.
O Vader, ek wil ‘n aktiewe agent van u Groot Opdrag wees. Ek wil nie op die kantlyn sit en ‘n toeskouer op ‘n afstand wees nie. Ek wil my deel doen. Wys my asseblief wat U wil hê ek moet doen. Ek bid dat elke siel in elke nasie, in elke uithoek van die wêreld, die geleentheid mag hê om te hoor van Jesus en die verlossing wat ons net deur Hom kry.
In Jesus se naam.
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Sommige van ons leef in vrees vir die toekoms. Ons is vasgevang in "wat as" denke, eerder as om te fokus op die dinge wat God reeds vir ons gegee het. Die boek Josua leer ons om die beloftes wat God ons gegee het, te onthou en om God te vertrou in alles wat Hy aan ons toevertrou het. Josua wys ons hoe om in oorwinning te wandel
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com