Verlies Het Nie Die Finale Sê NieVoorbeeld

Loss Doesn't Get The Final Word

DAG 4 VAN 5

God Is Groot

Geen Bybelse karakter het verlies soos Job ervaar nie. Job het alles verloor: sy rykdom, sy gesin, sy vee — alles is binne 'n kort tydjie weg. Selfs sy gesondheid het naby die einde redelik sleg geword. Die moeilikste deel van alles is dat God dit toegelaat het, ten spyte van die feit dat Job 'n vroom man was. 

Soos met Naomi, bied die Bybel ons 'n ingewikkelde situasie aan wat ons verward kan laat: Hoe kon God so iets doen? Selfs ook Job was verward. Wanneer Hy na God soek te midde van sy lyding, sê hy: “Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie” (Job: 23:8). 

Die Skrif wys vir ons God se reaksie, en daarin word ons herinner aan hoe groot Hy werklik is. Hy herinner Job en moderne lesers daaraan dat Hy iets baie mooier ontwerp as wat ons ooit kan dink, terwyl Hy terselfdertyd ook dinge bewerkstellig tot sy verheerliking en ons beswil. Hoewel Job se verhaal ingewikkeld is, herinner dit ons daaraan dat ons ʼn klein rolletjie speel in ʼn reusagtige verhaal wat God geskryf het. Selfs wanneer dinge nie vir ons sin maak nie, selfs wanneer dit pynlik en verwarrend voorkom, kan ons rustig wees in die wete dat God nooit beheer sal verloor nie. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Loss Doesn't Get The Final Word

Hierdie leesplan wys hoe die Bybel vir ons vertel dat God alles laat uitwerk vir diegene wat Hom liefhet en dat hartseer en verlies nie die finale woord het nie; God het.

More

Ons wil graag dankie sê vir CV North America wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://cvoutreach.com