Verlies Het Nie Die Finale Sê NieVoorbeeld

Loss Doesn't Get The Final Word

DAG 2 VAN 5

God Is Naby

Dawid, die groot psalmdigter en koning van Israel, gaan deur 'n groot hoeveelheid verliese en reageer met 'n magdom verskillende emosies. Dikwels roep hy uit na God: verward, eensaam, bang en seergemaak. “Waarom, staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood?” vra hy (Psalm 10:1-2).

Alhoewel dit moeilik is om vas te stel presies waardeur Dawid gegaan het toe hy dit geskryf het, weet ons dat hy dwarsdeur sy hele lewe baie verloor het. Sy beste vriend het op die gevegsfront gesneuwel, (1 Samuel 31) een van sy kinders is op 'n vroeë ouderdom oorlede, (2 Samuel 12:15-23) terwyl 'n ander kind hom verraai en verlaat het (2 Samuel 15). Dawid kon op enige van hierdie stadiums so tot God uitgeroep het, maar nie een van hulle was die einde van sy verhaal nie.

Dwarsdeur die Psalms en die vertellings wat met Dawid se lewe verband hou, sien ons dat hy altyd hoop en krag te midde van droefheid vind. God ontmoet hom altyd waar hy is, sodat Dawid bly kan wees en op die Here vertrou, selfs terwyl hy hierdie vrae van God vra. Selfs teen die einde van hoofstuk 10 erken Dawid: “U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed” (Psalm 10:17).

Terwyl jy hierdie gedeeltes van Dawid lees, wees bemoedig dat God naby aan jou is net soos hy by Dawid was. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Loss Doesn't Get The Final Word

Hierdie leesplan wys hoe die Bybel vir ons vertel dat God alles laat uitwerk vir diegene wat Hom liefhet en dat hartseer en verlies nie die finale woord het nie; God het.

More

Ons wil graag dankie sê vir CV North America wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://cvoutreach.com