Verlies Het Nie Die Finale Sê NieVoorbeeld
God Is Geduldig
Toe Rut se skoonmoeder, Naomi, haar man en twee seuns verloor, vertel sy vir die mense van haar tuisdorp: “Moet my asseblief nie meer Naomi (aangenaam) noem nie, noem my Mara (bitter), want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het ‘n ramp oor my gebring” (Rut 1:20-21).
Naomi het soos baie mense op die situasie gereageer. Sy was seergemaak en ontsteld. Hoe kan 'n liefdevolle God dit aan my doen? Ten spyte van haar woede het God haar nie verlaat nie. Nee, Hy het geduldig getrou gebly en selfs uiteindelik vir haar en Rut in Boas ʼn losser voorsien.
In hierdie kort verhaal sien ons hoe God getrou vir ons sorg, selfs in tye van verlies. Naomi en Rut het albei redes gehad om te treur, elkeen het hulle man verloor en Naomi het ook nog haar seuns verloor, maar in hierdie tyd het God hulle vir mekaar gegee. Wanneer Naomi Rut aanspoor om haar eie lewe te voer, reageer Rut deur haar lojaliteit aan Naomi te betoon: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God” (Rut 1:16).
Deur hulle verlies het God hulle ook teruggebring na hulle huis, wat hulle na Boas gelei het, die een wat as hulle losser sou optree en hulle versorg. Terwyl die verhaal begin met Naomi wat bitter teenoor God is, eindig dit met haar lofprysing aan Hom.
Terwyl jy hierdie gedeeltes lees, dink daaraan hoe God te midde van jou droefheid vir jou voorsien het. Hoe het Hy getrou gebly, selfs al het jy, soos Naomi, oomblikke van woede en bitterheid gehad?
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan wys hoe die Bybel vir ons vertel dat God alles laat uitwerk vir diegene wat Hom liefhet en dat hartseer en verlies nie die finale woord het nie; God het.
More