Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 14 VAN 43

Lees: Hosea 4:15-19, Psalm 47

SOAP: Psalms 47:9

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem hier nie ooreen nie. SOAP Psalms 47:9 in die Afrikaanse Bybel.

God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon. - Psalms 47:9

 

Hosea waarsku Juda in vandag se verse. Op hierdie tydstip is God se volk verdeel in twee nasies - Israel in die noorde en Juda in die suide. Israel se afvalligheid was baie erger as dié van Juda, daarom word Juda gewaarsku dat hulle nie in hulle bure se sondige weë moet volg nie.

Die stede van Gilgal en Bet-Aven was sentrums van afgodery in Israel. Vir 'n burger van Juda om daarheen te reis, het beteken dat hulle in Israel se afgodery deel. Op ‘n tyd was Gilgal die plek waar profete onder Elia en Elisa opgelei is (2 Konings 2:1; 4:38). Maar in Hosea se dae het dit in 'n sentrum van valse aanbidding verval (Hosea 9:15; 12:11; Amos 4:4; 5:5).

1 Korintiërs 15:33 sê: "Moet julle nie langer laat mislei nie: “Slegte geselskap bederf goeie sedes.” Moenie die bose weë van ander mense rondom jou naboots nie. Dalk dink jy dat hulle meer suksesvol is, dat hulle 'n beter lewe het of dat dinge beter en makliker vir hulle is. Moenie toelaat dat die vyand jou te mislei nie. Net in Christus kan ons oorvloedige lewe hê. Ons aanbid 'n Heilige God en Hy sit op sy troon, ongeag die omstandighede.

Liewe Heer, hoe dikwels kyk ek nie na die groener gras aan die ander kant en dink dat daar mense is wat alles mooi uitgepluis het nie. Help my om te onthou dat ek slegs in U genoegdoening kan ervaar. Ek wil U en U alleen volg. Gee my asseblief die krag om elke dag van my lewe in u weë te wandel. Amen. 

 

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid