Ons Daaglikse Brood - Bybelse GrondbeginselsVoorbeeld
3. Briewe: Instruksie
In die stad van Korinte het 'n groep mense op Paulus se prediking gereageer, Christene geword, en 'n kerk gevorm. Maar hulle was betrokke by losbandigheid, verdeeldheid en struweling. In Filippi het 'n moedelose groep gelowiges bemoediging nodig gehad. In Rome het 'n lojale groep volgelinge van Christus nodig gehad om klaarheid te kry omtrent hulle geloof oor geregtigheid, die wet en heiligmaking. Hulle het vrae gehad oor die Christen se daaglikse lewe. Die gelowiges in Tessalonisense wou weet van Christus se terugkeer en die laaste dae. In Efese het die leiers instruksies nodig gehad oor hulle posisie in Christus. Op ander plekke het Christene swaar gekry en nie verstaan hoekom nie. Valse leermeesters het die kerke binnegedring en gedreig om die werk te ondermyn. 'n Pastoor van Kreta het bemoediging nodig gehad.
Wat was die beste manier om in die behoeftes van die groeiende kerk te voorsien? Die apostels kon nie tegelykertyd oral wees nie. So hulle het briewe gestuur (ook bekend as geskrifte) om Christelike lering te verduidelik, om God se mense tot heiligheid te inspireer en om hulle te vertel hoe om te lewe.
Die kerke of indiwidue wie die briewe ontvang het, was sonder twyfel oorstelp van vreugde toe dit arriveer. Dit is hardop voorgelees aan die gemeente en rondgestuur van kerk tot kerk. Afskrifte is met noukeurige sorg gemaak vir ander kerke. Gelowiges het dit begin bymekaarmaak. Altesaam 21 van hierdie briewe is as inspirerend beoordeel, en dit het 'n groot deel van die Nuwe Testament geword.
Alhoewel daar 'n bietjie geskiedenis en 'n bietjie biografie in die briewe is, is hulle hoofsaaklik geskryf om die leringe van Jesus Christus te beklemtoon. Die meeste daarvan is geskryf aan groepe gelowiges (soos dié in Korinte en Rome) en aan leraars (Timoteus en Titus). Die era wat by Pinkster begin het is bekend as die kerk-era, en hierdie briewe spreek van die kerklewe. Tesame met ander dinge, gee dit instruksies oor:
Die eenheid van die kerk (Efesiërs 2:11-22).
Die aanbidding van die kerk (1 Korintiërs 14:26-40).
Die leiers van die kerk (1 Timoteus 3; Titus 1).
Die dissipline van die kerk (1 Timoteus 6:3-5).
Die rituele van die kerk (1 Korintiërs 11:23-30).
Die prediking van die kerk ( 2 Timoteus 4:2).
Al was die sendbriewe kerkgesentreerd, was dit ook bruikbaar vir indiwidue. 'n Persoon wat die geleentheid gehad het om dit te lees, sou die beginsels leer om sy optrede te beheer teenoor sy mede gelowiges en voor die wêreld. Hier is 'n voorbeeld:
Ons moet mekaar lief hê (Romeine 12:10).
Ons moet ons aan die regering onderwerp (Romeine 13:1).
Ons moet Christus naboots (Efesiërs 5:1).
Ons moet vir mekaar omgee (1 Korintiërs 16:1).
Ons moet nie kwaadpraat van enigiemand nie (Titus 3:2).
Ons moet ons sonde bely (1 Johannes 1:9).
Hierdie 21 briewe is ook geskryf om die basiese geloof van Christenskap te definieer en te vereenvoudig. Byvoorbeeld:
Jesus Christus is God (Kolossense 1:13-19).
Die Heilige Gees woon in elke gelowige (1 Korintiërs 6:19-20).
Almal is sondaars (Romeine 3:23).
Redding is deur genade deur geloof (Efesiërs 2:8-9).
Gelowiges moet sonde versaak (Romeine 6:1-14).
Geregtigheid kom deur Christus (Romeine 3:21-22).
Die Bybel is inspirerend (2 Timoteus 3:16).
Almal sal opgewek word (1 Korintiërs 15).
Om God te sien. Die sendbriewe help ons om God te ken in die volgende verteenwoordigende maniere. As jy hierdie briewe lees, sal jy baie meer elemente van God se karakter sien.
In die outobiografiese geskrifte van Paulus sien ons hoe God in staat is om in die diepste nood te voorsien van dié wat gewillig is om Hom te dien (2 Korintiërs 4).
In die leerstelling gedeeltes sien ons hoe noukeurig God was om 'n redding te voorsien wat so reg is as wat dit nodig is (Romeine 3:21-26).
In die vertroostende gedeeltes sien ons 'n God vir wie dit moontlik is om ons pyn binne te gaan en wie omgee vir ons stryd (2 Korintiërs 1:3-6).
In die verbeterende gedeeltes sien ons 'n God wat ons nie net so lief het dat Hy ons aanvaar presies soos ons is nie, maar Hy het ons so lief dat Hy nie gewillig is om ons in die toestand te laat waarin Hy ons gevind het nie (Hebreërs 12:7-13).
In die profetiese gedeeltes sien ons 'n God wat belowe het om vir ons 'n ewige koninkryk voor te berei waar alle kwaad en sonde verwyder is (2 Petrus 3:10-13).
Aangaande hierdie leesplan
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.
More