GOD + DOELWITTE: Hoe 'n Christen Doelwitte Kan StelVoorbeeld

DAG 4: Hoe verwesenlik ek my doelwitte sonder om God se wil teë te gaan?
Jy staan by die wegspringplek; jy wil God-geleide doelwitte najaag, maar ... jy is bang. Jy is bang om tot aksie oor te gaan en so gefokus te raak om die doelwitte te behaal dat jy God in die proses opsyskuif. Hoe hou jy terselfdertyd jou fokus op God én bereik jou doelwitte?
Eerstens: Die regte doelwitte sal jou op die Here se paaie en volgens sy wil lei; nie weg van Hom af nie.
Tweedens: Jy gaan nie ’n doelwit stel en verwag dit gaan vanself realiseer nie. God verwag dat jy elke tree van die pad aan Hom verbind bly, en Hy sal jou lei. Hy is die uiteindelike doel. Deur die doelwitte te volg wat Hy vir ons het, is soos om ’n roetekaart te volg wat Hy geskep het. Hy ken die pad.
Net soos met ’n lang reis, moet jy die roetekaart dophou ten einde te verseker dat jy in die regte rigting beweeg. Sou jy die reisplan uit die oog verloor, mag jy jou op ’n onbekende pad bevind. Tel net weer die roetekaart op om terug op die spoor te kom! God is nie bekommerd of jy perfekte vordering maak met die bereiking van ’n doelwit nie; Hy wil jou hart hê. Indien jy God tree-vir-tree, gebed-vir-gebed en oomblik-vir-oomblik soek, sal jy op die regte pad bly. Verbintenis met God sal jou in ooreenstemming met sy verwagtinge hou.
Bid saam: Here, ek is bang om ’n pad te begin stap wat nie u pad is nie. Gee my asseblief deur u Gees nie ’n gesindheid van lafhartigheid nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing (2 Timoteus 1:7). Dankie vir die roetekaart — u Woord — en vir die reg om direk tot U te bid! Help my asseblief om op U as my doelwit gefokus te bly, in plaas daarvan om die goedkeuring van ander of toekennings na te jaag, of die genot te ervaar om bloot iets op ’n lysie af te merk. Ek wil vir die regte redes hard werk vir U. Dankie vir u leiding en dat U my op u pad hou! In die naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Is dit goed vir 'n Christen om doelwitte stel? Hoe weet jy of 'n doelwit uit jouself of van God af kom? Wat behels Christelike doelwitte nou eintlik? In hierdie 5-dag leesplan gaan jy dieper in die Woord delf en duidelike riglyne vind oor hoe om doelwitte te stel wat deur genade aangedryf word!
More