GOD + DOELWITTE: Hoe 'n Christen Doelwitte Kan StelVoorbeeld

GOD + GOALS: How To Set Goals As A Christian

DAG 1 VAN 5

DAG 1:  Is dit goed vir 'n Christen om doelwitte te stel?

Jy wil God volg én betekenisvolle doelwitte bereik, maar jy is bekommerd dat om doelwitte te stel jou van God se plan vir jou sal weglei. Nou wonder jy: “Is dit reg en aanvaarbaar vir 'n Christen om doelwitte te stel? Wat sê die Woord van God oor hoe mens dit doen met die versekering dat jy in ooreenstemming met God se wil bly?” God het baie te sê oor doelwitte, bewustelike beplanning en goeie rentmeesterskap oor dit wat aan ons toevertrou is. 

Die kort antwoord: doelwitte is goed! Selfs Jesus het doelwitte gehad. Die Here begeer dat ons met doelgerigtheid sal leef; nie per toeval nie. Die feit dat jy na sy wil vra en soek, beteken dat jy doelgerig wil leef. Die Woord van God gaan vir jou lig werp op hoe om die regte doelwitte te stel en gemotiveerd te bly om dit te bereik. 

Moet egter nie verwag om ’n kontrolelys of ’n kitsoplossing vir die formulering van doelwitte in die Bybel te vind nie. Indien dit so eenvoudig was, sou ons die lys lees, afmerk en nooit met God oor ons planne praat nie. Dit gaan nie oor die navolging van reëls nie, maar oor ’n verhouding met God self, die Een wat ons met unieke gawes en talente geskape het om te gebruik. 

Wat is die alternatief van goeie doelwitte? Om doelloos rond te dwaal en die lewe sy gang te laat gaan. Dink daaroor na. Het enige van die sleutelfigure in die Bybel net doelloos rondgesit en niks gedoen nie? Hulle het beslis misstappe begaan, maar Moses, Dawid, Salomo, Ester, Rut, Johannes, Paulus en selfs Jesus het doelwitte gehad en dit met God se krag en wysheid nagevolg. Jy kan dieselfde doen deur een klein treetjie en ’n geloofsprong op ’n slag.

Bid: Here, ek wil U volg en doelwitte stel wat in ooreenstemming met u wil vir my lewe is. Dankie dat U my geskape het met unieke gawes en talente om vir u groter doel te gebruik. Ek wil gaan waar U gaan. Wys my asseblief hoe om doelwitte te stel soos U begeer. Ek benodig u wysheid in doelgerigte beplanning, sodat ek goeie rentmeesterskap kan uitoefen oor wat U my gegee het — my tyd, my geld, my werk, my verhoudinge, my gesondheid — net hier waar ek is. Open my oë vir u waarheid en help my om dit van my kop na my hart en na my hande te laat gaan. In die Naam van Jesus. Amen!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

GOD + GOALS: How To Set Goals As A Christian

Is dit goed vir 'n Christen om doelwitte stel? Hoe weet jy of 'n doelwit uit jouself of van God af kom? Wat behels Christelike doelwitte nou eintlik? In hierdie 5-dag leesplan gaan jy dieper in die Woord delf en duidelike riglyne vind oor hoe om doelwitte te stel wat deur genade aangedryf word!

More

Baie dankie aan "Cultivate What Matters" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://www.cultivatewhatmatters.com/youversion