GOD + DOELWITTE: Hoe 'n Christen Doelwitte Kan StelVoorbeeld

DAG 2: Hoe weet jy of ’n doelwit vanaf God kom of jou eie is?
Jy begin verstaan dat jy sonder doelwitte doelloos in die lewe ronddwaal. God-geleide doelwitte is goed. Nogtans, hoe weet jy of 'n doelwit vanaf God kom of jou eie is? Hoe herken jy die verskil? Jy is bang jy kies die verkeerde doelwitte!
Weet jy wat so wonderlik van God is? Baie dinge, maar veral dat Hy saam met jou deur die lewe stap. Wanneer jy onseker voel oor jou doelwitte en doel, of nie weet watter pad om te kies nie, wil Hy graag hê dat jy Hom vir hulp moet vra — en Hy gee dit met liefde! Jakobus sê: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt” (Jakobus 1:5).
Onseker of jou planne ’n goeie doelwit is?
Doen ’n kort oefening:
- Maak die Woord oop en soek vir spesifieke Skrifgedeeltes en stories in die Bybel wat die doelwit aanpreek wat jy in gedagte het. Is jou doelwit Bybels? Is daar spesifieke Skrifgedeeltes wat dit bevestig? “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek” (2 Timoteus 3:16).
- Vra vir God! Bid en vra God om jou die weg te wys wat Hy wil hê jy moet volg. “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou” (Psalm 32:8).
- Vra betroubare vriende of Godvresende mentors vir leiding. “Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is” (Spreuke 15:22).
Onthou, daar is nie ’n een-grootte-pas-almal towerformule om doelwitte te onthul nie; net God kan. Indien die antwoorde steeds onduidelik is, moenie moed opgee nie! Dit mag deel van die proses wees waardeur Hy jou wil laat gaan. In die wagtyd word ons gesuiwer en voorberei op wat volg. Wag op sy wysheid en Hy sal dit aan jou skenk volgens sy perfekte tydsberekening!
Bid: Here, dankie vir u Woord! Ek is so dankbaar vir u duidelike leiding en wysheid. Help my asseblief om tussen doelwitte gebore uit my liefde vir U, in teenstelling met alle ander doelwitte te onderskei. Help my om u stem te ken, u leiding te vertrou en U bo alles te soek. In die Naam van Jesus. Amen!
Aangaande hierdie leesplan

Is dit goed vir 'n Christen om doelwitte stel? Hoe weet jy of 'n doelwit uit jouself of van God af kom? Wat behels Christelike doelwitte nou eintlik? In hierdie 5-dag leesplan gaan jy dieper in die Woord delf en duidelike riglyne vind oor hoe om doelwitte te stel wat deur genade aangedryf word!
More