Onweerstaanbaar: 'n 6-dag leesplan deur Andy StanleyVoorbeeld

Irresistible By Andy Stanley - 6-Day Reading Plan

DAG 5 VAN 6

Jesus Eerste, die Bybel Tweede

Die Christelike geloof het begin met die opstanding van Jesus.

Dit is gebore uit ’n gebeurtenis, nie ’n dokument nie — ’n geboorte, nie ’n geboortesertifikaat nie. Ons geloof het begin toe ’n handjievol van Jesus se volgelinge Hom lewendig na sy dood gesien het. Net soos die opstanding van Jesus gedien het as die rede wat hul later sou gee vir die hoop wat hulle gehad het, moet sy opstanding ook die rede vir ons hoop wees. Om dit meer direk te stel: Ons glo nie omdat die Bybel so sê nie. Ons glo omdat Jesus opgestaan het!

As die kerk die eerste-eeuse status van onweerstaanbaar gaan terugkry, moet ons die manier waarop ons oor die Bybel praat, verander. Die meeste geleerde mense het ’n ingeligte opinie oor wat die Bybel is en nie is nie. Hulle loop nie in ons kerke in sonder sonde nie; hulle kom met baie bagasie. Gevolglik moet ons ons benadering verander. En soos ons gesien het, is daar ’n eerste-eeuse voorbeeld om dit te doen.

Ons geloof wankel nie op die randjie van uitsterwing, gebaseer op die argeologie of die geskiedenis van die Ou Testament nie. Enigiemand wat geloof in Jesus verloor het, omdat hulle geloof in die historiese of argeologiese geloofwaardigheid van die Ou Testament verloor het, het onnodig geloof verloor.

Die geloof van Jesus se vroegste volgelinge het nie op ’n historiese, argeologiese, wetenskaplik-korrekte boek berus nie. Jou geloof behoort ook nie daarop te berus nie en ook nie jou kind se geloof nie. Ook nie die geloof van die kinders in jou kerk nie. As die Ou Testament geskryf was as ’n wetenskaplike handboek of volgens die moderne begrippe van historiese akkuraatheid, is die kanse goed dat niemand dit voor die moderne era sou verstaan het nie. Ons geloof wankel nie op die rand van ineenstorting, gebaseer op die geskiedenis, betroubaarheid of selfs geloofwaardigheid van die Ou Testament nie.

Wanneer skeptici die geweld, die vrouehaat, die wetenskaplike en historiese onverklaarbare bewerings van die Hebreeuse Bybel uitwys, kan ons, in plaas daarvan om hierdie dinge te probeer verdedig, eerder ons skouers ophaal, verward lyk, en sê: “Ek is nie seker hoekom jy dit aanhaal nie. My Christelike geloof is nie hierop gebaseer nie.”

Terloops, dit is ook nie.

Dit is ook nie veronderstel om te wees nie.

Petrus s’n was nie. Paulus s’n was nie. 

Oordink: Ken jy iemand wat hul geloof verloor het as gevolg van iets in die Bybel? Stem jy saam dat die Christelike geloof moet staan of val op grond van die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het? 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Irresistible By Andy Stanley - 6-Day Reading Plan

Eendag, lank gelede, was daar 'n weergawe van ons geloof wat in werklikheid . . . onweerstaanbaar was. In hierdie leesplan, deur Andy Stanley, sal jy kan nadink oor die voorbeeld van geloof wat ons broers en susters uit die eerste eeu aan ons gestel het. Hulle het geen amptelike Bybels of status gehad nie, en tog het hulle 'n reeks gebeure begin wat die mees betekenisvolle en omvangryke kulturele gedaanteverwisseling veroorsaak het, wat die wêreld nog ooit gesien het.

More

Baie dankie aan HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://andystanley.com/irresistible/