Onweerstaanbaar: 'n 6-dag leesplan deur Andy StanleyVoorbeeld

Irresistible By Andy Stanley - 6-Day Reading Plan

DAG 1 VAN 6

Die Weg van Liefde

Hier is een van Paulus se bekendste lyste van noodsaaklikhede vir Christene:

Raak van alle bitterheid, woede, wraak, skel en vloek en alle vorme van boosheid ontslae. Wees eerder vriendelik en vol deernis teenoor mekaar. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het . . . 

Nietemin . . . hoekom?

Hoekom moet ons van bitterheid, woede en wraak ontslae raak? Hoekom moet ons vriendelik wees teenoor die onvriendelikes en medelydend wees teenoor die onverdienstelikes? Hoekom moet ons vergewe? Is vergifnis nie ’n geskenk aan die skuldiges nie? Paulus, wie is jy om vir ons sulke hoë standaarde te stel? Ons ken jou verhaal. Jy het geen morele gesag nie!

Terwyl hy hierdie vraag verwag, voltooi hy sy stelling deur na sy bron te verwys:

. . . net soos . . . 

Net soos die wet voorskryf? Net soos Moses ons geleer het? Net soos die Skrif ons leer? Net soos die Bybel sê?

. . . net soos God julle ook in Christus vergewe het.

Dit behoort bekend te klink. Volgens Paulus moet ons aan ander doen wat God deur Christus vir ons gedoen het. Alles in Paulus se kortlys is bloot ’n toepassing van “doen aan ander soos Christus reeds aan julle gedoen het.”

Hy gaan voort:

Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde . . .

“Die weg van liefde.” Dit klink romanties. Maar daar is ’n ander “net soos” wat volg.

. . . Wandel op die weg van liefde net soos Christus ons liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n welriekende offergawe aan God gegee het. 

Volgens Paulus, moet Christelike gedrag geskoei word op Christus se opofferende liefde vir die mensdom. Dit is ’n lewenswyse wat Paulus ’n lewe van liefde noem. 

Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 

Wanneer jy twyfel, vra die vraag: “Wat sal ’n kind van die lig, wat vergewe is, doen?” Dis so eenvoudig. So pragtig. So duidelik. Geen instruksies is nodig nie. Lewe as kinders van die lig. Koester ’n lewe op die weg van liefde

Wat is dus die basis van Christelike gedrag?

Die Bybel? 

Nee.

Die basis van Christelike gedrag is die opofferende liefde van Jesus. Ons het nie lief omdat die Bybel ons aansê om lief te hê nie. Ons het lief omdat God die Vader, deur Christus die Seun, vir ons liefgehad het.

Oordink: Voel jy soms dat jy op ’n sekere manier moet optree “omdat die Bybel so sê,” in plaas daarvan om net lief te hê soos Jesus liefgehad het? 

Leer meer oor "IRRESISTIBLE" deur Andy Stanley - AndyStanley.com/Irresistible 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Irresistible By Andy Stanley - 6-Day Reading Plan

Eendag, lank gelede, was daar 'n weergawe van ons geloof wat in werklikheid . . . onweerstaanbaar was. In hierdie leesplan, deur Andy Stanley, sal jy kan nadink oor die voorbeeld van geloof wat ons broers en susters uit die eerste eeu aan ons gestel het. Hulle het geen amptelike Bybels of status gehad nie, en tog het hulle 'n reeks gebeure begin wat die mees betekenisvolle en omvangryke kulturele gedaanteverwisseling veroorsaak het, wat die wêreld nog ooit gesien het.

More

Baie dankie aan HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://andystanley.com/irresistible/