Onweerstaanbaar: 'n 6-dag leesplan deur Andy StanleyVoorbeeld
Wees Onderdanig Aan Mekaar
"Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig" (Efesiërs 5:21).
Dink aan die verreikende gevolge van daardie een stelling. Stel jou voor dat jy grootword in ’n gesin wat daardie een riglyn gevolg het. Hoeveel reëls sal ons nodig hê as almal dit net gedoen het? Kan jy aan ’n huwelikskonflik dink wat nie opgelos sou kon word as beide partye besluit het om vrylik, uit eerbied aan Christus, aan mekaar onderdanig te wees nie? Dit was Paulus se manier om te sê: “Plaas ander eerste, net soos Christus jou eerste gestel het.”
Ek noem dit die beginsel van wedersydse onderdanigheid. Ek is daarvan oortuig dat dit die kragtigste, herskeppendste verhoudingsdinamika op die planeet is. In ’n verhouding wat gekenmerk word deur wedersydse onderdanigheid, kies beide partye om onderdanig te wees aan die ander. Wedersydse onderdanigheid werk nie as dit nie wedersyds is nie. Dit werk net wanneer albei partye daaraan werk. Soos Jesus, het Paulus egter nie daar opgehou nie.
Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
Nuwe verbondsdeelnemers moet in die lig van wat Christus vir hulle gedoen het, hulself aan mekaar onderwerp. Paulus leer nie gelowiges om aan mekaar uit eerbied onderdanig te wees nie. Kom ons erken dit — die meeste “van ons” verdien nie onderdanigheid nie. Paulus neem ons terug na die dinamiek wat Jesus in die bokamer ingestel het. Die frase “uit eerbied vir Christus” dui daarop dat ons uit eerbied vir mekaar onderdanig moet wees, weens die feit dat Christus Homself ter wille van ons aan die kruis onderwerp het, om sodoende ons sondeskuld te betaal. Sy offer moet dien as die inspirasie en die standaard vir ons onderdanigheid aan mekaar. Dit is weer daardie net soos idee.
“Wees aan mekaar onderdanig” was nie Paulus se enigste mekaar nie. Hy het ’n paar ander mekaar instruksies vir die kerk gelaat. Volgens Paulus is die belangrikste plig van Jesus se volgelinge vir mekaar, mét mekaar. Hier is sy lys:
Wees onderdanig aan mekaar.
Vergewe mekaar.
Bemoedig mekaar.
Versterk mekaar.
Aanvaar mekaar.
Gee om vir mekaar.
Verdra mekaar.
Dra mekaar se laste.
As ons vir Paulus sou vra hoe geloof wat homself in liefde uitdruk lyk, sou hy dalk hierdie lysie opnoem. Dit is die kortlys van wat God deur Christus vir elkeen van ons gedoen het.
Wat as ons dus net dit doen?
Wat gebeur as ons beter vir mekaar omgee?
Toepassing: Kies iemand sodat julle vir mekaar kan omgee deur die kortlys in vandag se oordenking te gebruik.
Aangaande hierdie leesplan
Eendag, lank gelede, was daar 'n weergawe van ons geloof wat in werklikheid . . . onweerstaanbaar was. In hierdie leesplan, deur Andy Stanley, sal jy kan nadink oor die voorbeeld van geloof wat ons broers en susters uit die eerste eeu aan ons gestel het. Hulle het geen amptelike Bybels of status gehad nie, en tog het hulle 'n reeks gebeure begin wat die mees betekenisvolle en omvangryke kulturele gedaanteverwisseling veroorsaak het, wat die wêreld nog ooit gesien het.
More