Onweerstaanbaar: 'n 6-dag leesplan deur Andy StanleyVoorbeeld
Om te Doen Maak die Verskil
Johannes was ’n getuie van genade en waarheid in aksie. Dit was kragtig. Dit het die boosheid en geweld wat die antieke wêreld gekenmerk het, oorskadu. Dit was Johannes se driejaar-avontuur saam met Jesus en nie wat hy om hom gesien het nie wat hom tot die gevolgtrekking gelei het dat God liefde is.
Dit was Jesus se slotopmerkings in die bovertrek-gesprek wat Johannes tot die gevolgtrekking gebring het dat diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle God liefhet, ook liefde moet hê vir diegene vir wie God lief is. Vir Johannes se lesers wat wou (of wil) byvoeg, aandui of vra: “wat van", sy skuiwergat-bewys – om noodsaaklike gemeenskap met God te onderhou – beklemtoon hy dan so:
"As iemand sê: 'Ek het God lief,' en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie" (1 Johannes 4:20).
“Kan onmoontlik vir God liefhê”?
Dit is harde woorde.
“Kan nie” verwys na geleenthede, nie vermoëns nie. Om te weier om ’n broer of suster lief te hê, is om ’n geleentheid te mis om God lief te hê.
Johannes het min waarde geheg aan gevoelens van liefde en waardering vir God — en dis te verstane. Hy het gekyk hoe Jesus doodgebloei het. Jesus het nie vir ons sonde betaal weens toegeneentheid en deernis nie. Johannes se sonde het Jesus sy lewe gekos. Jesus het sy opofferende liefde gewys en so die weg gebaan om Johannes se sonde uit te wis. Vir Johannes was liefde wat nie gewys word nie, glad nie liefde nie. Hy sê:
"Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê . . . Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid" (1 Johannes 3:16,18).
Vir Johannes, Paulus en Jesus was om mense lief te hê, om God lief te hê. Nie omdat mense God is nie, maar omdat God mense liefhet. Om te weier om ’n broer of suster aktief lief te hê, is gelykstaande daaraan om te weier om God lief te hê. Onder die nuwe verbond is ons nie lief vir God en lief vir ons naaste nie. Onder die nuwe verbond is ons lief vir God deur ons naaste lief te hê.
"As iemand sê: 'Ek het God lief,' en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie" (1 Johannes 4:20).
Dit is nie die godsdienstige hoepels waardeur ons spring, die gebede wat ons bid, die sonde wat ons bely, of selfs die Nagmaalsbroodjie wat ons eet, wat ons liefde vir die Vader demonstreer nie. Dit is veel minder ingewikkeld as dit.
Toepassing: Bewys liefde aan God deur liefde aan ’n vriend, medewerker of familielid te bewys.
Aangaande hierdie leesplan
Eendag, lank gelede, was daar 'n weergawe van ons geloof wat in werklikheid . . . onweerstaanbaar was. In hierdie leesplan, deur Andy Stanley, sal jy kan nadink oor die voorbeeld van geloof wat ons broers en susters uit die eerste eeu aan ons gestel het. Hulle het geen amptelike Bybels of status gehad nie, en tog het hulle 'n reeks gebeure begin wat die mees betekenisvolle en omvangryke kulturele gedaanteverwisseling veroorsaak het, wat die wêreld nog ooit gesien het.
More