Ware AanbiddingVoorbeeld
Ware Aanbidding
deur
Rocky Fleming
Dag Vyf – Eenheid
Soos 'n mens die Bybel lees en die verhaal van die evangelie begin verstaan van Genesis tot Openbaring, sal jy sien dat dit daaroor gaan om as God se mense of familie geïdentifiseer te word, en dat dit sy werk was om 'n manier te skep vir dit om te gebeur. Jesus het self gesê dat Hy die weg en die enigste manier is om na die Vader te kom. Hy is die evangelie. Ek was in die kol om te sê dat die evangelie in die Ou Testament begin het, want die "belofte" van die evangelie was die koms van Jesus, en was al vroeër geprofeteer. Die "belofte" is later vervul toe Jesus gekom het. Die "goeie nuus" van sy doel en sy lewe is egter honderde jare voor sy geboorte reeds aangekondig. Die punt wat ek wil maak, is dat God altyd gemeenskap met sy familie wou gehad het. Die tema van die evangelie is dat Hy deur sy genade 'n manier geskep het waardeur dit kon gebeur.
Jesus gebruik die wingerdstok en die lote om sy standpunt te stel, toe Hy gesê het dat ons in Hom moet bly en Hy in ons. Dit is 'n beeld van die nabyheid wat ons met Hom kan hê. Dis amper asof ons uit sy sy groei. Dit is 'n prentjie van eenheid, intimiteit en afhanklikheid. Wanneer ons waarlik ons opgestane Christus aanbid, kom ons in 'n eenheid wat woorde nie kan beskryf nie. Ek sal nie eens probeer nie. Ons word eerder na sy troonkamer en teenwoordigheid geneem, as wat ons poog om Hom af te bring na ons formaat, perspektief en beperkings. Dis hoekom ek baie keer sê: formaat maak nie saak nie. Wat saak maak, is dat ons aanbidding eg moet wees en dat ons naby ons Verlosser moet bly.
Jesus daag sy dissipels uit om manne en vroue te word wat werd is om sy Naam te dra. Dis hoekom Hy ons dissiplineer en snoei. Hy het 'n man of vrou in gedagte wat Hom beter kan dien deur nader aan Hom te kom en sy karaktertrekke kan aanneem. Sy dissipline en snoeiwerk is ontwerp om hierdie soort mense te voort te bring, deur ons nader aan Hom te dwing. Dis waar lewensverandering plaasvind. Te midde van hierdie intieme eenheid wat ons met Hom ervaar, is 'n eenvoudige, maar ware aanbidding van Hom, wanneer ons Hom sien soos Hy is. Dan kan ons Hom regtig in waarheid aanbid. Nou vra ek jou om vir 'n oomblik stil te word en Hom, jou Koning, te aanbid, want Hy luister na jou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Aanbidding bestaan nie net uit dienste op Sondagoggende, Woensdagaande of wanneer ons saam met ander gelowiges vergader nie. God nooi ons uit na 'n lewe van aanbidding. Kom ontdek saam met ons wat dit werklik beteken om God te aanbid en hoe om dit te doen. Aan die einde van die leesplan sal jy God loof en prys.
More