Ware AanbiddingVoorbeeld

True Worship

DAG 1 VAN 5

Ware Aanbidding

deur

Rocky Fleming

Dag Een – Wees Rustig

Jesus het vir sy dissipels gesê om na Hom toe te kom en hul bekommernisse aan Hom toe te vertrou. Hoekom is dit nodig dat ons ons bekommernisse aan Jesus toevertrou om God in diepte te kan aanbid? Kan dit wees dat ons probleme so belangrik vir ons word en ons gedagtes vul, en uiteindelik afgode van verantwoordelikheid word wat ons belas? Kan ons God en 'n afgod tegelykertyd aanbid? Natuurlik nie! Maar ons probeer dit doen as ons aandag van aanbidding afgelei word deur nimmereindigende en onophoudelike denke om 'n probleem te probeer oplos. God wil niks te doen hê met dié soort afgod as ons Hom aanbid nie. Maar Hy sal ons toelaat om ons bekommernisse aan Hom toe te vertrou, sodat dit nie in ons pad staan om in ware aanbidding tot Hom te kom nie.

Jesus het ook gesê dat ons van Hom kan leer hoe om ons bekommernisse te dra: deur in daardie juk saam met Hom te wees. Ons leer om Jesus se stem te hoor en te weet dis Hy, wanneer ons saam met Hom in die juk trek. Dit is daar waar ons die ander stemme onderskei en uitvind dit lei net na woede of wanhoop en na nog meer bekommernisse; dis nie Jesus se stem nie. Jesus het gesê sy las is lig. Hoekom is dit so? Dis omdat Hy langs ons in die juk staan en Hy dra die swaar las van die dinge waarvoor ons bang is. Ons leer om onder die las te staan wat Hy vir ons gee, wat lig is, op voorwaarde dat ons ons swaar las aan Hom toevertrou.

As God met ons en vir ons is, as God oppermagtig en almagtig is, is daar 'n veiliger of beter plek om hulp en vertroosting te kry as langs Hom? Wanneer jy 'n tree nader gee en ontdek wat ware aanbidding is, los dan jou bekommernisse wat jy dra en gee dit vir die Here. Hy sê jy moet dit doen. Ek sluit 'n vers vir jou in om te lees en om sy uitnodiging te onthou. Laat toe dat die egtheid van Jesus se uitnodiging jou vertroos. Ek  wil ook aanbeveel dat jy na 'n pragtige lied luister. Die naam is "Here" deur Kari Jobe.  Jy kan dit op YouTube of een van die musiek toepassings kry. Hierdie lied het my gehelp om in die plek van toevlug in te gaan waarvan ek praat. Luister daarna en kyk of dit jou dalk help om na hierdie plek te gaan waar jou Herder vir jou wag. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

True Worship

Aanbidding bestaan nie net uit dienste op Sondagoggende, Woensdagaande of wanneer ons saam met ander gelowiges vergader nie.  God nooi ons uit na 'n lewe van aanbidding.  Kom ontdek saam met ons wat dit werklik beteken om God te aanbid en hoe om dit te doen.  Aan die einde van die leesplan sal jy God loof en prys.

More

Baie dankie aan Influencers Global Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.influencers.org