Ware AanbiddingVoorbeeld

True Worship

DAG 3 VAN 5

Ware Aanbidding

deur

Rocky Fleming

Dag Drie – Die Hart

Een van my gunsteling aanbiddingsliedere is "The Heart of Worship". Die boodskap van die lied is om alle onbelangrike dinge en rommel wat ons soms bysit as 'n vorm van aanbidding, van ons af te stroop, en in plaas daarvan na die hart van aanbidding te gaan. Wat is die hart van aanbidding? Om 'n hart van aanbidding te hê, begin met 'n hart om te aanbid. Wat bedoel ek daarmee? 

Dit vereis voorbereiding. Dit is daardie tyd wanneer ons diepste wesens ten volle eerlik voor ons Abba Vader moet wees. Dit is die hoogste vorm van eerbied, en terselfdertyd die diepste vorm van intimiteit en geestelike verbintenis met Jesus. Dit word oopgevlek voor die Here, omdat ons eerlik voor Hom is. Maar dit is ook dan wanneer ons skande verwyder word en ons daaropvolgende dankbaarheid ons gebroke en verslane harte verbind met die heiligheid van God, wat na ons toe kom deur sy genade.

Gebrokenheid is nie 'n slegte ding soos die meeste mense dink nie. Inteendeel, baie Skrifgedeeltes verwys na gebrokenheid as die ingang na die teenwoordigheid van God. Gebrokenheid is duidelik die teenstelling van trots en arrogansie voor die Here, wat Hy haat. Tog is gebrokenheid ook 'n realiteitstoets waarom ons Jesus in ons lewens nodig het. G'n wonder dat ek aan nog 'n aanbiddingslied dink terwyl ek hierdie gedagte met jou deel nie. Dit gaan oor die werklikheid om Jesus nodig te hê, soos die lirieke sê: "I'm desperate for You And I, I'm lost without You." 

Gebrokenheid is om 'n diepe bewustheid te hê van die desperate behoefte binne ons en God se onpeilbare genade vir ons. Dit is om bewus te wees van ons sondige natuur en die toestand waarin ons was toe Jesus ons gered het. Terselfdertyd besef ons ook dat kindskap aan ons gegee is en dat ons deel van 'n koninklike familie gemaak is. Beide verbreek die trots in ons harte, maar terselfdertyd word dit heel gemaak deur sy onvoorwaardelike liefde. Dit is wat gebrokenheid en herstel aan ons gee.

Wanneer ons in aanbidding beweeg, stil raak, en ons desperate behoefte erken en aanvaar, is ware aanbidding naby. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

True Worship

Aanbidding bestaan nie net uit dienste op Sondagoggende, Woensdagaande of wanneer ons saam met ander gelowiges vergader nie.  God nooi ons uit na 'n lewe van aanbidding.  Kom ontdek saam met ons wat dit werklik beteken om God te aanbid en hoe om dit te doen.  Aan die einde van die leesplan sal jy God loof en prys.

More

Baie dankie aan Influencers Global Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.influencers.org