Ware AanbiddingVoorbeeld
![True Worship](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12819%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ware Aanbidding
deur
Rocky Fleming
Dag Vier – Verheerliking
Een genot van my bediening is om goeie pastore en hul gemeentes te leer ken. Ek word uitgenooi om deel te wees van verskillende denominasies en vorms van aanbidding in kerke. Al was dit nie die manier van aanbidding waarmee ek grootgeword het nie, kan ek vir jou sê dat ek baie lief is daarvoor om in die Afrika-Amerikaanse kerke wat ek al bygewoon het, te aanbid. Ek hou veral baie van die manier waarop hulle Jesus vereer.
Die saak staan so: ek hou daarvan om te sien hoe mense Jesus liefhet op hul eie manier, en ek dink nie iemand kan Jesus liefhê en nie daarvan hou om ander mense te sien wat Hom liefhet in hul aanbidding nie, al is dit ook 'n vorm van aanbidding waarmee hulle nie vertroud is nie. Dis vreemd as ek daaroor dink. Ek ondervind dit veroorsaak dat ek hierdie mense selfs meer liefhet op die manier wat Jesus wil hê sy familie mekaar moet liefhê, al verskil hulle van my. Miskien is dit dat ons, ten spyte van al die verskillende sienings wat ons mag hê, die een ding in gemeen het: ons liefde vir Jesus.
Ons het Hom lief. Maar dis nie net in hierdie kerke wat ek dit gesien het nie. Ek het dit gesien in Protestante, Katolieke, Pinkster, Egiptiese, Brasiliaanse, Spaanse, Europese en Afrika kerke. Wat ons in gemeen het, is hoe ons ons gekruisigde en opgestane Koning vereer, en wat dit vir ons beteken. Dink net hoe sal dit wees as ons almal mekaar op hierdie manier kan sien? Dis nog 'n bykomende rede om fees te vier.
Sommige kerke is luid en ander is stemmig in hul aanbidding. Watter een is die regte manier? Die meeste kere het mense hulle eie voorkeure en dan sê hulle dis die regte manier. Wat maak dit nou eintlik saak hoe die familie van God ons Verlosser eer, solank as wat ons ons Koning liefhet met bewondering en verheerliking? Wat dink jy?
Wat vir ons almal baie belangrik is om te verstaan, is dat God van alle vorms van ware aanbidding in die liggaam van Christus hou en dis oor hierdie feit wat ons almal moet saamstem. Ons moet ook nog verstaan dat ware aanbidding in ons harte begin en dan opbou tot 'n hoogtepunt van lofprysing wat eer gee aan wie God is en wat Hy vir ons beteken. Verheerliking in ons aanbidding is 'n ware aanduiding dat Jesus in ons midde is en dat ons dit besef. Wanneer ons Hom sien vir wie Hy is, sal ons sy grote Naam eer en verheerlik. Dit gebeur vanself. Ek sluit 'n reël in en weer eens beveel ek aan dat jy moet luister na een van my gunsteling aanbiddingsliedere. Luister na "Your Great Name". Dis een waarvan ek baie hou en wat my noop om sy grote Naam te eer en te verheerlik. Kyk of jy daarvan hou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![True Worship](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12819%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Aanbidding bestaan nie net uit dienste op Sondagoggende, Woensdagaande of wanneer ons saam met ander gelowiges vergader nie. God nooi ons uit na 'n lewe van aanbidding. Kom ontdek saam met ons wat dit werklik beteken om God te aanbid en hoe om dit te doen. Aan die einde van die leesplan sal jy God loof en prys.
More