Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 42 VAN 280

NALATENSKAP

God weet wat die gevolge van sonde is en pleit met ons om sy gebooie te gehoorsaam. Hy sorg dat ons vroegtydig weet dat ons keuses permanente gevolge vir ons en ons kinders sal hê. Verkeerde keuses kan die begin wees van rampspoedige neigings in 'n gesin en word dikwels van geslag tot geslag oorgedra.

God se genade is egter groter as sy oordeel. Nog baie geslagte na ons sal geseënd wees, as ons besluit om Hom lief te hê en te gehoorsaam. Wanneer versoekings kom, moet ons onthou dat ons nalatenskap bepaal word deur die manier waarop ons lewe; hetsy as seëninge of straf. Wat kies ons om vir ons kinders en die nageslagte te gee?

As versoeking kom, hou in gedagte watter nalatenskap sonde aan jou kinders oordra.
Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com