Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 32 VAN 280

GOD SE EWIGE PLAN

Josef het die bose planne van baie mense verduur — sy broers het hom as 'n slaaf verkoop, Potifar se vrou het hom vals beskuldig, die skinker het van hom vergeet en daar was sewe jaar van hongersnood in die land. Nogtans was God in staat om al hierdie gebeure te gebruik om Israel se verlossing te bewerkstellig. Deur al die teleurstellings (en oorwinnings) was Josef vol vertrou dat God in beheer was.

Die Bybel moedig ons as ouers aan om hierdie perspektief te hê aangaande ons kinders. Hulle sal verseker moeilikhede en teleurstellings ervaar — seerkry, siekte, verwerping deur vriende, toetse wat gedruip word en verspeelde kanse. Soms wonder ons of God werklik 'n plan het. Josef se verhaal herinner ons daaraan dat God se planne groter is as ons omstandighede. Al kan ons nie nou sy volle plan begryp nie, sal ons eendag die pragtige tapisserie sien wat uit al die gebeure in ons lewens en die lewens van ons kinders geweef is.

God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. "Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit" (Romeine 8:28 DB).

Kyk verby die moeilikhede en wag vir God se reaksie.
Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com