Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 37 VAN 280

DAAGLIKSE AFHANKLIKHEID

Ons verlang dikwels dat God die hele pad vir ons wys, maar Hy gee dit gewoonlik tree-vir-tree. Tydens Israel se omswerwinge in die woestyn het God 'n stelsel in plek gesit wat vereis het dat die Israeliete daagliks op God moes vertrou om in hulle behoeftes te voorsien. Hy het geweet hulle sou van Hom vergeet as hulle selfversorgend was.

Dit is moeilik om daagliks ons en ons kinders se lewens aan God toe te vertrou. Ons wil so graag self 'n plan maak, dinge orden en manipuleer, omdat dit ons laat voel dat ons in beheer is. Die illusie van in beheer wees, kan ons in die versoeking bring om op ons eie vermoëns staat te maak in plaas daarvan dat ons op God vertrou. Hou jy self die teuels van jou eie lewe styf vas, of vertrou jy op God se leiding?

Dra jou kinders elke oggend aan die Here op. Hy weet wat Hy doen.
Dag 36Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com