Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 30 VAN 280

ALGEHELE AFHANKLIKHEID

Toe dit tyd was vir Isak om 'n vrou te vat, het Abraham 'n slaaf gestuur om 'n vrou te vind tussen sy familie. Die slaaf het na Ur gegaan met die vertroue dat God hom op die regte tyd sou wys wie om te kies. Sy opdrag is volvoer toe hy Rebekka by die put ontmoet het. Let op sy woorde: "Hy het my sommer reguit na meneer Abraham se mense toe gelei” (Genesis 24:27c DB). Wat 'n wonderlike voorbeeld van algehele afhanklikheid! Die slaaf het op reis gegaan met die volle vertrou dat God hom na die regte vrou toe sou lei.

In ons rol as ouers beteken "reguit gelei" dat ons ons verantwoordelikheid aanvaar om besluite te neem wat ons kinders beïnvloed. Ons is bang om foute te maak en omseil dan besluitneming, maar ouerskap vereis aksie. Gelukkig verwag God nie van ons om op ons eie insigte staat te maak nie. As ons ons afhanklikheid van Hom erken en sy leiding en krag soek, belowe Hy om dit te voorsien.

Wees nederig genoeg om God se wil te soek en dapper genoeg om besluite te neem.
Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com