Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

OORDEEL EN TROTS
Die kerk in Korinte se probleem was trots. Hulle stad was 'n sentrum van die wêreld se ekonomie, kunste en filosofie. Hulle was baie trots op alles wat hulle al bereik en versamel het. Hulle het hulleself met mekaar vergelyk en die resultate beoordeel. Hulle trots het veroorsaak dat hulle ander mense sterk veroordeel en dit het gevegte en faksies veroorsaak.
Paulus het hulle wêreldse trots vanuit 'n geestelike oogpunt aangespreek. Hy het nie belanggestel daarin om suksesvol te wees volgens die wêreld se standaarde nie. Hy het nie eens sy eie definisie van sukses vertrou nie. Hy het alles aan Jesus Christus oorgegee en Hom toegelaat om die regter te wees.
Oordeel jy of word jy geoordeel volgens die wêreld se standaarde? Is jy baie krities oor jouself of klop jy jouself op die skouer? Onderwerp jou aan God en onthou dat Hy jou hart sien (1 Samuel 16:7).
Jy moet lewe asof jy in Jesus se hof getuig. Jy moet daardie voorbeeld aan jou kinders stel.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com