Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 18 VAN 280

STEL GOD EERSTE

Kom ons kyk 'n bietjie na die geestelike boodskap in vandag se Skrifgedeelte, eerder as om na die onderrig omtrent die huwelik te kyk. Paulus het verstaan dat 'n man en vrou spanning sou ervaar as hulle trou en kinders kry. Van nature is ouers se aandag verdeel tussen hulle verantwoordelikhede teenoor die gesin en God. Dit is 'n spanning waarmee ons almal saamleef.

Nogtans is dit baie duidelik dat ons eerste lojaliteit teenoor God is. Ons moet Hom vertrou om ons met al ons verantwoordelikhede te help. Dis van kardinale belang dat ons in God se wil wandel, en ons toegewydheid aan Hom aan ons hele gesin demonstreer.

Ons kan nie ons verantwoordelikhede as ouers ontduik nie, maar ons kan ons gesin in die regte posisie plaas; in die voetspore van God en in die rangorde van ons liefde en aandag.
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com