Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 21 VAN 280

GAWES EN STERKPUNTE

God het elkeen van ons met 'n spesifieke doel geskape en gawes aan ons gegee om daardie doel tot die voordeel van ander mense uit te leef. Nogtans wil ons ons eie planne beraam vir ons kinders en onsself. Daardie keuse sluit ongelukkig kenmerke en karaktertrekke in wat deur die wêreld hoog geag word. God werk nie op daardie manier nie. God is die argitek en Hy weet presies hoe al die stukke inmekaar pas.

Dink jy nie dit sal beter wees om God se plan vir jou lewe toe te laat nie? Wandel eerder in sy wil, dan hoef jy nie te sukkel om iemand te wees wie jy nie beplan was om te wees nie. "Is almal miskien apostels?" (1 Korintiërs 12:29).

Laat jou gesin 'n inventaris maak van hulle geestelike gawes. Werk dan saam om maniere te vind om die gawes tot die voordeel van ander mense te gebruik.
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com