Herwin Jou VreugdeVoorbeeld

Recovering Your Joy

DAG 5 VAN 5

Deel die Vreugde van Jou Redding

Lees Efesiërs 2:10.

As jy jou vreugde wil terugwen, moet jy 1) erken dis weg, dan moet jy 2) ontleed wat die oorsaak is. Daarna moet jy 3) dit wat verkeerd is regstel, en dan 4) 'n ingesteldheid van dankbaarheid kry.

Ons praat vandag oor die laaste drie vreugde-bouers om jou vreugde te herwin.

Eerstens moet jy elke dag tyd saam met God deurbring.

Dit is dalk moeilik om jou in te dink dat God tyd saam met jou wil deurbring. Hy het tog baie dinge om aan aandag te gee, of hoe? Tog nooi God ons regdeur die Skrif uit om in sy teenwoordigheid in te kom. Ons ervaar ook vreugde wanneer ons daagliks stiltetyd met God deurbring, want ons leer om sy stem te hoor en te weet wat Hy wil hê ons met ons lewens moet doen. Hoe meer tyd jy saam met God deurbring, hoe dieper sal jou vriendskap met Hom ontwikkel.

Tweedens moet jy 'n manier kry om terug te gee. Die Bybel sê in Efesiërs 2:10: "Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." Ons raak maklik selfsentrerend in moeilike tye. Die waarheid is egter dat hoe meer jy op jouself gefokus is, hoe meer vreugde verloor jy.

Ek het al regdeur die wêreld gereis en was in baie geslote lande waar mense vir hul geloof in Jesus Christus vervolg word. Weet jy wat het ek ontdek? Die vervolgde Christene is die mees vreugdevolle mense ter wêreld. Waarom? Omdat dit iets vir hulle beteken. Hulle is nie traak-my-nieagtige Christene nie. Die reg en vryheid om Christus te aanbid het vir hulle waarde. Daarom is hulle baie meer vreugdevol.

Jy moet dus 'n manier vind om terug te gee. Wanneer jy eers die fokus van jouself afgehaal het, sal jy agterkom jou vreugde keer terug.

Laastens om jou vreugde te herwin, moet jy iemand van Jesus vertel.

Daar is niks wat jou vreugde gouer sal laat terugkeer, as wanneer jy oor die redding van 'n vriend besorgd is nie. Ons lees in die Bybel dat daar 'n partytjie in die hemel is, elke keer wanneer iemand die Here aanneem. Het jy dit geweet? Lukas 15:7 sê: Ek sê vir julle: "Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer ..." Die dag wat jy oor daardie streep getrap het, het hulle 'n partytjie vir jou in die hemel gehou. Die dag wanneer jy iemand help om die Here te leer ken, gaan daar 'n partytjie in jou hart wees. Jou vreugde keer terug wanneer jy dit met ander deel.

Bid vandag hierdie gebed: "Vader, help my om liefde te gee in ruil vir haat, vreugde vir droefheid en vriendelikheid vir onverskilligheid. Mag die vreugde van die Here so duidelik op my gesig wees dat mense sal wil weet waarom, en van die hoop in my sal wil weet. Help my om gehoorsaam te wees aan wat U vir my gesê het om te doen. Help my om te fokus op die seëninge in my lewe sodat ek 'n ingesteldheid van dankbaarheid vir u getrouheid sal hê. Herstel die vreugde van my redding sodat ek daardie vreugde met ander kan deel en help hulle ook om hul eie vreugde deur 'n verhouding met U te vind. Dankie dat ek hoop en vreugde deur Jesus Christus kan hê. Amen."
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Recovering Your Joy

Indien jy vreugde in jou lewe wil hê, sal jy 'n balans in jou skedule moet kry. Pastoor Rick verduidelik hoe jy jou insette en uitsette kan aanpas sodat wat jy gee en ontvang, jou sal help om jou vreugde te herwin, nie te verloor nie.

More

Hierdie oordenking © 2014 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.