Herwin Jou VreugdeVoorbeeld
Gehoorsaamheid Is die Geheim tot Vreugde
Lees Klaagliedere 3:40.
Vreugde is 'n maklike ding om te verloor, maar net so maklik om weer te herwin. Nadat jy erken het dat jy jou vreugde verloor het, moet jy ontleed wat die oorsaak is. Jy moet na jou lewe kyk en jouself afvra: "Hoe het ek my vreugde verloor? Wat beroof my van my vreugde?"
Daar is baie plekke in die Bybel waar die Skrif ons aansê om ons lewens te ondersoek. Ons lees in Klaagliedere 3:40: "Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer."
Daar is honderde pretbederwers in die lewe, maar die twee mees algemene wat ek in mense se lewens oplet, is 'n onordelike skedule en ongebruikte talent. Jy moet 'n balans tussen rus en jou werk hê — jou insette en uitsette. Jy moet ook jou unieke Godgegewe talente gebruik of jy gaan gefrustreerd raak. Neem die persentasie van jou ongebruikte talent wat jy nie in jou werk gebruik nie, en wend dit in die bediening aan. As jy in 'n werk is waar jy minder as 25 persent van jou talente gebruik, moet jy dit verlaat.
Wanneer jy agtergekom het hoe jy jou vreugde verloor het, moet jy dit wat verkeerd is, regmaak.
Weet jy wat jou vreugde vinniger as enigiets anders steel? As jy weet wat die regte ding is om te doen, maar jy doen dit nie.
Die Bybel sê in Jakobus 4:17: "As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde."
Ek vra jou dus: Wat is jy veronderstel om te doen, maar doen dit nie? Wat het God vir jou gesê om te doen, maar jy het nog nie daarmee begin nie?
Die geheim tot volgehoue, oorvloedige en milddadige vreugde, is gehoorsaamheid. Dis om te doen wat God vir jou sê om te doen. Elke keer wat jy doen wat God vir jou sê, word jou lewe met vreugde gevul.
As jy dink aan wat goed in jou lewe is, sal jy met vreugde gevul wees. Dawid sê in Psalm 126:3: "Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly." Hoe meer jy konsentreer op dit wat God vir jou gedoen het, hoe meer vreugde sal jy in jou lewe hê. Waarom? Omdat dit dankbaarheid voortbring. Die ingesteldheid van dankbaarheid is die gesondste menslike emosie.
As jy jou vreugde wil terugwen, moet jy eers erken dit is weg, dan ondersoek wat die oorsaak is. Maak dan reg wat verkeerd is en kry 'n ingesteldheid van dankbaarheid. Ons sal môre gesels oor die laaste drie treë wat jy moet neem om jou vreugde te herwin.

Aangaande hierdie leesplan
Indien jy vreugde in jou lewe wil hê, sal jy 'n balans in jou skedule moet kry. Pastoor Rick verduidelik hoe jy jou insette en uitsette kan aanpas sodat wat jy gee en ontvang, jou sal help om jou vreugde te herwin, nie te verloor nie.
More
Hierdie oordenking © 2014 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.