Herwin Jou VreugdeVoorbeeld

Recovering Your Joy

DAG 3 VAN 5

Herwin Jou Verlore Vreugde

Lees Romeine 14:17.

Wat verloor jy die maklikste? Jou bril? Jou sleutels? Jou verstand?

Die ding wat ons die maklikste verloor is ons vreugde. Jy kan dit met net een oproep, 'n e-pos, brief of gesprek verloor. Jy kan 'n advertensie op TV kyk en jou vreugde verloor. Dit is die maklikste ding ter wêreld om te verloor. Daar is ook baie mense en omstandighede wat saamsweer om jou daarvan te beroof.

As God se kinders nie met vreugde gevul is nie, laat dit God sleg lyk. Knorrige Christene is 'n swak getuie. Dit lyk sommer of hulle in asyn gedoop is, want hulle glimlag nooit nie. Dit laat God werklik sleg lyk.

Hoekom? God wil hê ons moet met ons gesigte getuies vir Hom wees.

Die Bybel stel dit aan ons dat die Christelike lewe in drie woorde opgesom kan word: goedheid, vrede en vreugde. Romeine 14:17 sê: "Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee."

Die werklikheid is egter dat jy jou vreugde so vinnig kan verloor; en daar is duisende maniere om dit te verloor. Daar is derduisende pretbederwers in die lewe wat jou van jou vreugde sal beroof, tot so 'n mate dat iemand soos Jeremia, 'n profeet van God, kon sê: "Vreugde het verdwyn uit ons harte" (Klaagliedere 5:15 NLV).

Ek weet nie of jy vandag so voel nie, maar as jy al ooit deur 'n tydperk is waarin jy gevoel het jy het alle sprankel verloor en jy is nie meer so naby aan God soos in die verlede nie; jy gaan maar net werktuiglik deur die lewe — moet jy weet dit is eintlik ook maklik om jou vreugde terug te kry.

Hoe kry jy dus jou vreugde weer terug?

Jou eerste tree is om te erken dat jy jou vreugde verloor het.

Jy kyk eenvoudig na jou verlede en vra jouself 'n paar vrae af: Was daar ooit 'n tyd in jou lewe wat jy nader aan God was as nou? Was daar ooit 'n tyd in jou lewe toe jy meer vreugde in die Here gehad het as nou op hierdie oomblik?

Dit is nou tyd om te verander. Jy begin dus deur te erken dat jy verloor het wat jy in die verlede gehad het. Jy kan God daaroor vra; Hy wag om jou te help. Dawid het in Psalm 51:12 gebid: "Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig."
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Recovering Your Joy

Indien jy vreugde in jou lewe wil hê, sal jy 'n balans in jou skedule moet kry. Pastoor Rick verduidelik hoe jy jou insette en uitsette kan aanpas sodat wat jy gee en ontvang, jou sal help om jou vreugde te herwin, nie te verloor nie.

More

Hierdie oordenking © 2014 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.