Herwin Jou VreugdeVoorbeeld
Vreugde Ongeag Enigiets
Lees Filippense 4:6.
Jy het 'n wesenlike behoefte aan vreugde in jou lewe. Sonder vreugde is die lewe oorweldigend, jou laste te swaar en onderdrukkend. Navorsingstudies het bevind hoe meer vreugde ons in ons lewens het, hoe meer produktief is ons. Ek het 'n artikel in 'n dagblad gelees dat ondernemings nou selfs "vreugde konsultante" aanstel om vreugde in werknemers se lewens aan te wakker sodat hulle meer produktief kan wees. Dit is so dat jy meer energie, kreatiwiteit en produktiwiteit het wanneer daar vreugde in jou lewe is.
In die kort boek Filippense — net vier hoofstukke lank — gebruik Paulus die woord "vreugde" 16 keer. Die wonderlike ding is, Paulus het nie hierdie boek geskryf terwyl hy op 'n eiland vakansie was nie. Hy was in Rome in die tronk, terwyl hy gewag het om tereggestel te word. In die donkerste dae van sy lewe het hy die positiefste boek in die Bybel geskryf.
In Filippense gee Paulus vir ons ses vreugde-bouers wat sal help om ons mismoedigheid te verminder en ons depressie te verlig. Ons gaan vandag na die eerste drie kyk.
1. Skud alle spyt van jou verlede uit.
Hiermee bedoel ons om alles wat waardeloos is van ons af weg te gooi, uit te skakel en van ontslae te raak. Volgens Paulus moet ons eers van alles ontslae raak wat ons lewens bedruk en oorlaai as ons die lewe wil geniet. Die Bybel sê ook jy moet jou spyt vergeet, want dis wat God doen — Hy verkies om die foute wat jy bely te vergewe. Die beginpunt van vreugde is dus om die verlede te laat vaar. Filippense 3:13 sê: "Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is."
2. Laat vaar alle kommer oor die toekoms.
As jy die hede wil geniet, moet jy al jou kommer oor die toekoms laat vaar. Kommer is by verre die grootste pretbederwer wat daar is. Jy kan nie terselfdertyd vol vreugde én kommer wees nie. Paulus se teenmiddel is in die volgende vers: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend (Filippense 4:6). Jy kan dus òf bekommerd wees òf bid.
3. Onderwerp jouself aan God se doel.
As jy maar net ronddobber, nie seker is waar jy vandaan kom òf waarheen jy gaan òf hoekom jy hier is nie, gaan jy natuurlik geen vreugde in jou lewe hê nie. Ons het almal iets groter as onsself nodig om voor te lewe. Dit is wat vreugde bring. Om bloot vir jouself te lewe, bring geen vreugde nie.
Selfs toe Paulus letterlik alles verloor het, was daar een ding wat nie van hom weggeneem kon word nie — sy lewensdoel. Paulus sê in Filippense 1:21: "want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins."
As jy 'n vreugdevolle lewe wil hê, moet jy in pas kom met God se doel vir jou lewe. Wanneer jy begin lewe volgens die doel waarvoor jy geskep is, maak die lewe sin en vind jy baie makliker vreugde.

Aangaande hierdie leesplan
Indien jy vreugde in jou lewe wil hê, sal jy 'n balans in jou skedule moet kry. Pastoor Rick verduidelik hoe jy jou insette en uitsette kan aanpas sodat wat jy gee en ontvang, jou sal help om jou vreugde te herwin, nie te verloor nie.
More
Hierdie oordenking © 2014 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.