Herwin Jou VreugdeVoorbeeld

Recovering Your Joy

DAG 1 VAN 5

Geniet Jou Lewe

Lees 1 Timoteus 6:17.

Dit is moontlik dat jy tans weens die ekonomie onder baie spanning is, maar God wil hê jy moet nog steeds jou lewe geniet.

As 'n Christen kan jy die lewe geniet omdat jou gewete skoon is. Jy kan die lewe geniet, want jy is veilig binne God se liefde. In die kerk kan jy plesier hê en lag. Jy kan vriende geniet wat jou nie manipuleer nie, want hulle leer om soos Jesus te wees, en dit beteken hulle leer ook om na die belange van ander om te sien.

Ongelukkig is daar baie mense wat God nie in hul lewens wil toelaat nie, want hulle is bang dat Hy hulle sal forseer om alle plesier prys te gee. Hulle dink om 'n Christen te word, is dieselfde as om die einde van die partytjie aan te kondig, want om geestelik te wees, is gelyk aan om ellendig te wees.

Mense is op 'n dolle gejaag na die volgende kits plesiertjies, maar dit beteken hulle funksioneer onder die wet wat bepaal dat jy al hoe meer verloor. Hulle bring meer tyd deur, gee meer geld uit en ontlaai al hoe meer energie om al hoe minder en minder opwinding te kry. Hulle vra aanmekaar: "Het ons al pret"?

Die waarheid is dat God: "... alles ryklik aan ons gee om te geniet" (1 Timoteus 6:17b).

God wil hê jy moet die lewe geniet!
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Recovering Your Joy

Indien jy vreugde in jou lewe wil hê, sal jy 'n balans in jou skedule moet kry. Pastoor Rick verduidelik hoe jy jou insette en uitsette kan aanpas sodat wat jy gee en ontvang, jou sal help om jou vreugde te herwin, nie te verloor nie.

More

Hierdie oordenking © 2014 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.