Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Lees: Jona 2:1-2
SOAP: 1 Johannes 5:14
Vanweë sy ongehoorsaamheid het Jona hom in die maag van 'n groot vis bevind. Kan jy jou 'n meer eensame, skrikwekkender plek voorstel? Ek wonder wat deur Jona se gedagtes gegaan het? Uit die buik van daardie vis het Jona tot die Here geroep en natuurlik het God hom gehoor.
Wanneer ons enigiets vra volgens God se wil, sal Hy ons gebed verhoor.
Kom ek herhaal dit. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Wanneer jy na God gaan met jou mees gewaagde drome, verhoor God jou gebed, mits jy bid volgens sy volmaakte wil vir jou lewe.
God het Jona se gebede in die buik van 'n vis verhoor en Hy sal jou gebede verhoor waar jy ookal is. “Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.” (Psalm 34:16).
Het jy al ooit gevoel dat God nie jou gebede hoor nie? Niks kan verder van die waarheid wees nie! Hy hoor nie net jou gebede nie, maar Hy ken ook die woorde wat jy gaan sê, selfs nog voordat jy dit geuiter het (Psalm 139:4).
Hemelse Vader, die wete dat die Skepper van die Heelal my gebede hoor en verhoor wanneer ek volgens sy wil bid, gee my die vrede en die vreugde waarna my siel smag. Dankie vir die sekuriteit wat ek in U het. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com
Verwante Leesplanne

Beloftes van God

Koester jou hartsmense

’n Hart vol Dankbaarheid

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Here, hoor U my? deur Nina Smit

Die Wapenrusting Van God

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

Vrede wat alle verstand te bowe gaan
