Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld
![Liefde sonder vooroordeel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12704%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Psalm 130:1-6
SOAP: Psalm 130:4-5
"As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?" (Psalm 130: 3). Kan jy jou voorstel as die Here 'n notaboek vir elkeen van ons gehad het en Hy al ons sondes, ongeregtighede en tekortkominge daarin neergeskryf het? Ek voel skaam oor die baie bladsye wat God oor my sou geskryf het!
Die goeie nuus is dat Hy nie sulke lysies maak nie. In God is daar vergifnis. In God is daar verlossing. In God is ons sondes oor en oor vergewe.
Ons moet egter baie versigtig wees. God se vergifnis beteken nie dat ons 'n vrye pas het om te lewe soos ons wil en van God afvallig te word nie. Dit beteken net dat ons die geleentheid het om oor te begin wanneer ons ons van ons sonde bekeer. Petrus waarsku ons hieroor in 1 Petrus 2:16: "Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien." Ons vryheid in Christus moet ons lei om heilige lewens te leef en God heelhartig te dien.
Hoe gebruik jy die vryheid wat jy in Jesus het? Hoe gebruik jy God se vergifnis? As 'n "vry pas" of as 'n geleentheid om dinge te verander en reg te doen? Neem 'n rukkie om daaroor na te dink terwyl jy vandag se verse lees.
Hemelse Vader, dankie vir die vergifnis wat ek in U het. Ek dank U omdat U altyd vergifnis en genade skenk aan sondaars. Help my om altyd die prys wat Jesus betaal het sodat my sondes vergewe kan word, te onthou. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Liefde sonder vooroordeel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12704%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com
Verwante Leesplanne
![Beloftes van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13038%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beloftes van God
![Koester jou hartsmense](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13927%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Koester jou hartsmense
![’n Hart vol Dankbaarheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14577%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
’n Hart vol Dankbaarheid
![Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14733%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
![Here, hoor U my? deur Nina Smit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13717%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Here, hoor U my? deur Nina Smit
![Die Wapenrusting Van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13579%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Wapenrusting Van God
![Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15155%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
![Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13557%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
![Vrede wat alle verstand te bowe gaan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14251%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vrede wat alle verstand te bowe gaan
![Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15847%2F320x180.jpg&w=640&q=75)