Treur met OorgaweVoorbeeld
Sedert 'n hele aantal jare bestaan daar reeds radikale idees in die Christelike kerk oor geloof, hoe om dit te beoefen en wat om van 'n oppermagtige God te verwag as jy dit doen. Daar is diegene wat voorstanders is van die nodigheid om positief teenoor God te bely wat jy van Hom wil hê (genesing, voortgesette veiligheid, afwesigheid van verlies, ens.) en met jou hele hart te glo dat Hy dan aan jou sal toestaan, waarvoor jy ook al bid. Daar is sommige wat op hierdie manier hul geloof beoefen het vir geliefdes wat siek is, net om toe te kyk hoe die siekte en dood hulle lewens kom opeis. Was hulle geloof dan te swak? Nee.
Alhoewel ons almal geroep is om vrymoedig in ons geloof te wees, moet ons dit opweeg teen die kennis dat ons 'n oppermagtige God dien en dit is soms sy wil dat mense vir wie ons lief is, sal sterf. Ons kan God nie beheer nie. Geloof beteken ons moet vertroue hê, selfs wanneer ons voor pyn en verlies te staan kom. Ons moet deelneem aan die proses om te treur sodat hulle wat nog op hierdie aarde in ons lewens is, steeds tot ons harte, gesondheid, liefde en gawes toegang het. Ons moet in oorgawe treur, nie net ter wille van onsself en ons eie genesing nie, maar ook vir ons ander geliefdes wat ons nodig het en ons by hulle teenwoordig wil hê.
GEBED: Here, versterk my geloof sodat ek die vrymoedigheid mag hê om U te vra vir die dinge wat U vir my begeer. Herinner my dat U nie 'n God is wat ek kan manipuleer of beheer nie, maar eerder 'n God tot wie ek kan nader. Versterk my hart om te glo dat hierdie verlies 'n groter doel tot U eer het, en tot u wil vir my lewe sal dien. Ek is dankbaar vir u teenwoordigheid en getrouheid in my lewe. Ek kom nou na U toe met die versoek dat U u Gees oor my sal uitstort. Gaan voort om my te versterk wanneer ek die gewig van 'n groot verlies moet dra. Ek bid om u vrede wat alle verstand te bowe gaan. Verhoed dat ek my verdriet binne hou of toelaat dat dit die wyse voorskryf hoe ek elke dag moet lewe. Help my om my verlies as 'n proses te benader, een waarin ek my aan hartseer kan oorgee en dan heeltemal herstel. Ek stel in alle dinge, my wil ondergeskik aan u wil, en vertrou dat U by my sal wees. Al gaan ek deur donker dieptes, is U werklik by my om my te lei en te vertroos. In die Naam van Christus, amen.
As jy hierdie leesplan nuttig gevind het, nooi ons jou uit om die preek "Oh yes, He cares" deur Tony Evans af te laai om in hierdie tydperk van verlies, nader aan die Here te kom. Gaan eenvoudig hierheen om die preek af te laai.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy susterskind. Hierdie beginsels kan jou help leer hoe om met oorgawe te treur en genesing aan te gryp.
More