Treur met OorgaweVoorbeeld

Grieving Well

DAG 3 VAN 6

Hoe kan jy vrymoedigheid in jou geloof hê as jou geskiedenis en omstandighede moeilik was? Hoe kan jy 'n vrymoedige geloof verkry, veral as jy gebid en God vir hulp gevra het, maar Hy help nie? Of as jy iemand skielik verloor het? Of jy 'n geliefde verloor op wie jy staatgemaak en diep liefgehad het?

Indien jy wel God se goedheid in die verlede gedurende 'n moeilike tyd ervaar het, sal dit beslis help. Dit sal jou die selfvertroue gee dat Hy die vermoë het om jou vandag en jou môre te kan hanteer. Dan moet jy die feit vertrou, of Hy jou pyn dadelik genees of nie, dat Hy weet wat Hy doen omdat jy dit al voorheen gesien het.

Ons moet onsself herinner aan die tye wat Hy daar was vir ons sodat ons geloof het wanneer Hy nie optree soos ons wil hê nie. Ons weet Hy is goed. Ons weet Hy het ons lief. Ons weet egter ook Hy is oppermagtig. Ons moet hierdie drie dinge terselfdertyd onthou.

Die hele boek Job, wentel om hierdie vraag: "Waarom ly die regverdige?" Ons lees in Deuteronomium 29:29: "Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God ..." Dit is God se voorreg wat Hy aan ons wil openbaar. Jy moet egter glo dat God weet wat Hy doen, ook wanneer Hy nie doen wat jy wil hê of wanneer jy dit wil hê nie. Omdat ons reeds weet en gesien het wat Hy kan doen, weet ons wat Hy vir ons kan doen — of Hy dit doen of nie.

GEBED: Vader, vul my asseblief met u vrede. Ek weet U doen dinge volgens u eie tyd, maar gee my die vertroue dat u weë werklik die beste vir my is. Indien ek dus 'n moeilike tydperk moet verduur, gee my dan die krag en vrede om sterker as tevore daardeur te kom. Dankie vir u nimmereindigende sorg. In die Naam van Christus, amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grieving Well

Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy susterskind. Hierdie beginsels kan jou help leer hoe om met oorgawe te treur en genesing aan te gryp. 

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.youtube.com/watch?v=Y9JBd0xqBGQ