Treur met OorgaweVoorbeeld

Grieving Well

DAG 2 VAN 6

Wanneer tragedie tref, vra baie mense dalk die vraag of God goed is of nie. Wanneer God iemand vir wie ons liefhet, skielik huis toe neem, mag dit voorkom asof God selfsugtig is. Baie mense het hul geloof laat vaar omdat hulle hoor hoe Christene verkondig dat God goed is, maar dan neem Hy ons geliefdes van ons weg sonder enige verduideliking.

In reaksie daarop, sou ek eerstens sê, as jy van God ontslae raak, het jy nog steeds jou probleem. Daar is nog steeds siekte en kwaad. Ek dink aan Jesus se vraag aan Petrus in Johannes 6:67-68: "Wil julle nie ook weggaan nie?" Hierop het Petrus hom geantwoord: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee." My standpunt is dat jy nie jou probleem oplos deur van God af weg te hardloop of om Hom te ontken nie.

Tweedens, het jy al opgemerk dat ons slegs God se goedheid bevraagteken wanneer slegte dinge met ons gebeur? Ons aanvaar sy goedheid gedurende die goeie tye, maar ontken dat Hy goed is wanneer dit begin sleg gaan. Ons moet egter die slegte deel in ons omstandighede teen die geskiedenis van God se goedheid opweeg.

Dit bring ons in die derde plek by daardie eeu-oue vraag: waarom het ons soveel pyn en hoe kan 'n goeie God die kwaad toelaat? God het die keuse aan die mensdom gegee. Saam met daardie keuse kom ook die moontlikheid van beide goed en kwaad. Vryheid laat toe dat kwaad bestaan, maar ons laat die kwaad plaasvind. Dit is hoekom ons 'n oppermagtige God nodig het, wat in ons omstandighede kan, en inderdaad, tussenbeide tree om die goeie uit die slegte te bewerkstellig. Hy is in beheer, selfs wanneer sake in jou lewe buite beheer is.

GEBED: Here, ek kies vir U en u weë bo die weë van die mensdom. Ek erken dat U in beheer is en selfs wanneer die lewe met beide kwaad en goed gevul is, kan U al daardie dinge tot ons beswil laat meewerk. Help my om ten volle in hierdie waarheid te vertrou. Ek kies om U te vertrou, ongeag al die pyn waarvoor ek te staan kom. In die Naam van Christus, amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Grieving Well

Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy susterskind. Hierdie beginsels kan jou help leer hoe om met oorgawe te treur en genesing aan te gryp. 

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.youtube.com/watch?v=Y9JBd0xqBGQ