Treur met OorgaweVoorbeeld

Om 'n geliefde te verloor, kan ons emosioneel pootjie. Dit kan ons geloof uitdaag en selfs ook ons wêreldbeskouing. Oor die jare heen, het ander my gevra hoe ek kop bo water gehou het toe ek verskeie gesinslede verloor het. Hulle het opgelet, alhoewel ek rou, stort ek nie in duie nie. Dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan my persoonlikheid en sommer hoe ek dinge verwerk. Ek glo tog die grootste rede is dat ek glo in wat ek verkondig. Wanneer ek sê: "Dit is in God se hande," is dit werklik so. As ek aan hulle dink wat my vooruitgegaan het, is die wete dat die lewe vir hulle nou soveel beter is, vir my 'n troos; en dat dit vir my baie beter sal wees wanneer my tyd aanbreek.
Ek sou jou aanmoedig om jouself toe te vou in wat jy glo. Bepeins God se belofte van 'n beter lewe na die dood. Laat Hom toe om jou anker te wees, sodat niks, nie eens droefheid, jou kan beweeg nie. Eerstens, God is oppermagtig, wat beteken Hy is in volle beheer van elke omstandigheid. Tweedens, daar wag 'n heerlike toekoms vir hulle wat hul vertroue in sy Seun, Jesus Christus, geplaas het. As jy dit waarlik glo, is daar niks wat hierdie wêreld na jou kant toe kan gooi wat jou in duie sal laat stort nie.
GEBED: Vader, vul ons met 'n dieper sin van wie U is. Versterk my vertroue in U. Help my om te sien wanneer die dood my geliefde neem, is u hand nooit buite die omstandigheid nie. U het 'n plan vir ons wat in U glo, 'n plan wat 'n heerlike, perfekte bestaan vir altyd in u liefdevolle teenwoordigheid insluit. Voed my siel terwyl ek oor die verlies van my geliefde rou. In die Naam van Christus, amen.
Indien hierdie leesplan vir jou nuttig was, nooi ons jou uit om die preek "Oh yes, He cares" deur Tony Evans, af te laai in 'n poging om gedurende hierdie tydperk van verlies, nader aan die Here te kom. Laai die preek hier af.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy susterskind. Hierdie beginsels kan jou help leer hoe om met oorgawe te treur en genesing aan te gryp.
More
Verwante Leesplanne

Oorkom Die Monster Van Verdriet

Jou Reis Deur Hartseer

Sittend in Hartseer: 'n Oordenking Reis om Weer te Staan

Verlies Het Nie Die Finale Sê Nie

Alles Oor Die Hemel — Droefheid

Om met Hoop te Rou

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies
