RutVoorbeeld

Rut

DAG 16 VAN 27

Lees: Rut 3:6-9

SOAP: Rut 3:8-9

Rut vra vir Boas om haar te beskerm en aanspraak te maak op haar as sy vrou deur sy kleed oor haar te sprei. Sy erken haar behoefte en kom nederig na die een wat geposisioneer is om vir haar te sorg. Haar onderdanige hart is 'n ope uitnodiging vir haar verlosser.

God wil graag ons toevlug wees, maar net soos Boas is Hy 'n heer. Hy sal nie kom waar Hy nie ten volle welkom is nie. Ons moet nederig na God kom en Hom vra om Sy vleuel oor ons te sprei. Om skuiling te vind, moet ons ons wil oorgee aan die Een wat ons met Sy verlossing kan bedek.

Verlosser God, dankie dat U ons bedek met U vergifnis en genade. U is ons toevlug en krag. Amen.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander. 

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com