RutVoorbeeld
Lees: Rut 3:1-5
SOAP: Rut 3:3-4
Naomi vertel vir Rut om na Boas te gaan en 'n beroep te doen op hom as die Bloedverwante Losser. Vanuit ons perspektief lyk hierdie plan 'n bietjie gewaagd, maar Naomi vertel eintlik vir Rut om haarself te verootmoedig en 'n houding van 'n dienaar aan te neem. Boas was 'n man van karakter, en Rut het 'n beroep op Sy integriteit maak deur hom vra om te voorsien in haar behoefte.
Rut het nooit Naomi se instruksies bevraagteken nie. Sy het haar onderwerp aan die gesag oor haar en vertrou dat Naomi die beste geweet het. Het ons 'n hart wat vinnig gehoorsaam soos Rut? God se weë lyk dikwels in stryd met wat ons as redelik beskou, maar ons werk is nie om te "verstaan" nie, ons werk is om God te vertrou en vinnig gehoorsaam te wees.
Here, help ons om vinnig gehoorsaam te wees en te vertrou dat U riglyne vir ons reg is, selfs wanneer ons U plan nie ten volle verstaan nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com